Bome vir nageslag

Bome vir nageslag

Gansbaai Courant

Aan die begin van die welkome Lente is 37 bome op 3 September vanjaar as deel van boomplantmaand in die omgewing geplant. Daarvoor het Overstrand Munisipaliteit se Tuinboukundige, Lauren Rainbow gesorg, met die bome wat deur die Departement Landbou, Bosbou en Visserye geskenk is.

Rdh Pieter Scholtz, Uitvoerende Overstrandse Onderburgemeester en Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie het Lauren op die boomplantdag vergesel. Gansbaai Academia se hoof, Tommy Wilson, Helena Segal en die Junior Stadsraadslede het hulle bome in ontvangs geneem. By Gansbaai Primêr het Tommy Volkwyn (hoof) saam met die Gr R-, Gr1- en Gr 2 leerders en leerkragte, Helena Slamat, Jacqulene Uys (assistent), Salomi van Wyk, Ellen Dunsdon, Deidré Klaasen en Jay-Dee Prins (assistent) die bome in ontvangs geneem. 

In Pearly Beach was dit rdl Dudley Coetzee wat by die Dorpsplein moes bontstaan met die graaf, en in Stanford by die Willem Appel Damme die Bestuurder Stanford Administrasie, Petronella Ferreira en Wykskomiteelid, Maryanne Ward  Wykskomiteeleid.

“Hierdie bome is nou elkeen van julle se verantwoordelikheid om vir die nageslag te versorg, laat grootword en te bewaar,” was telkens rdh Scholtz se woorde aan die leerders.

Hardus Botha

Bome vir nageslag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant