Rolbal nuus

Rolbal nuus

Gansbaai Courant

Die afgelope naweek het vier spanne van Franskraal op Riviersonderend aan hul ope dag gaan deelneem.  Die weer was ideaal vir rolbal en goeie spel is deur al die spanne gelewer. Besoekende spanne van onder andere Hermanus, Greyton, Caledon en Bredasdorp het aan die kompetisie deelgeneem.

Die oggend se eerste twee wedstryde is op 'n gelote basis oor 13 koppe elk gespeel en die laaste wedstryd van die dag is oor 15 koppe op 'n sterk teen sterk basis gespeel.  Die spanne van Franskraal het hulself baie goed van hul taak gekwyt en twee van ons spanne moes uitspeel om die wenners van die dag te bepaal.  Daardie spanne was dié van Tommie van Niekerk (skipper), Jane de Villiers, Marie Pretorius en Johan Fick en hul opponente was die span van Bryan Chambers (skipper), Archie Chambers, Philip Malherbe en Sonia Chambers.  Veral die span van Tommie van Niekerk het konstant, uitstekende spel gelewer.  Hulle was waardige wenners van daardie wedstryd en het daarmee dan ook die dag as wenners van die kompetisie afgesluit . 

Ons hartlike geluk aan hulle. Ons gasheer klub het ons gul ontvang en dadelik laat tuis voel.  Alles was baie goed georganiseer.  Die bane was goed en die versnaperinge tydens tee en ook die middagete wat aan ons voorgesit is, was uit die boonste rakke.  Ons opregte dank dan ook aan ons gasheer se bestuur en almal wat meegewerk  het om van die dag 'n groot sukses te maak.  Ons sal julle beslis weer ondersteun. Die weer is stadig maar seker besig om te verander en ons sien uit na 'n pragtige rolbalseisoen by Franskraal Rolbalklub

Ons A-baan is onlangs van 'n ligte grondbedekking voorsien en sal hopelik weer aan die begin van Oktober gereed wees vir spel.  Dit sal beteken dat ons moontlik ook met ons “sunset bowls” kan begin.  Hier beoog ons om aan ons besighede en ander belangstellendes die geleentheid te bied om op 'n Woensdagaand aan sosiale spel deel te neem.  Meer hieroor later. 

Ek rig graag weer 'n uitnodiging aan almal wat daarin belang sou stel om rolbal te speel, om myself by 0829202941 en philipm@sswifi.co.za of vir Marius de Witt by 0829260892 en mtdewit@absamail.co.za vir meer inligting te skakel. Rolbal groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Rolbal nuus

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant