Overberg Kushengelklub

 Overberg Kushengelklub

Gansbaai Courant

Maynard van Niekerk sê die deelnemers aan Overberg Kushengelklub se maandelikse kushengelkompetisie het ‘n paar “mooies” kant toe gebring.

17 hengelaars het deelgeneem, waarvan 5 ingeweeg het. Die eerste prys vir die swaarste vis, ‘n steenbras (3.74kg), asook vir die swaarste sak (3.74kg), is deur Arno van der Merwe ingepalm. Kort agter hom was Morné Olivier met sy twee mooi galjoene van 1.20kg en 1.26kg.

Die res van die manne het elk ‘n galjoen gevang: Henry Smit (1.40kg), Johan Lesch (1.34kg) en Gerco Engelbrecht (0.80kg). Die maandkompetisie het in die kus-omgewing van Gansbaai plaasgevind. Maynard rig graag die volgende bedankings: Walkerbay Bottelstoor, Liquorland, Jimmy Rockets, Kekkel & Kraai, Gansbaai Car & Boat Wash, Carwash Gansbaai en Chopper & Chains. “Ons volgende gesinsnaweek te Stilbaai is vir 3 Oktober 2014 gereël,” sê Maynard. “Die klub se manne, vrouens en kinders is welkom en die Saterdag sal ons en Stilbaai teen mekaar meeding.”

Maynard sê daar sal sowat 50 gesinslede teenwoordig wees, wat dit ‘n baie gesellige naweek maak.  Navrae rakende Overberg Kushengelklub kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

 Hardus Botha

 Overberg Kushengelklub

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant