Boot gebaseerde fotografie

Boot gebaseerde fotografie

Gansbaai Courant

Hennie Otto van Marine Dynamics en Dyer Island Conservation Trust het op 8 September ‘n interessante praatjie oor die kuns van boot-gebaseerde fotografie aan lede van die Gansbaai Fotografieklub aangebied. “Hennie se aanbieding het gehandel oor die haaie, walvisse, dolfyne, seevoëls en ander seelewe wat in die Kleinbaai- Dyer Eiland omgewing voorkom,” vertel Christo Wessels, voorsitter: Gansbaai Fotografieklub.

“Onder andere het hy ook ‘n professionele video oor die haai- en walvis toerismebedryf aan die lede vertoon.” Christo sê dat Hennie se uitstekende foto’s van veral die Groot Withaai, walvisse en seevoëls in die Dyer Eiland kus- en see-omgewing boeiend was en ook getoon het dat hy professioneel agter sy kamera optree. “Hennie het nie net sy jarelange praktiese ondervinding van bootgebaseerde mariene-fotografie met almal gedeel nie, maar hy het ook lede se vrae daaroor in diepte beantwoord,” sê Christo. “Hy het baie klem op die bewaring en rehabilitasie van die see- en kuslewe geplaas en het statistieke, wat die verspreiding van die Groot Withaai aandui, met die groep gedeel, asook inligting oor hul gewoontes en maniere.” Hennie was aanvanklik in die kommersiële Vissersbedryf en is sedert 1992 ‘n gekwalifiseerde skipper.

In 2008 sluit hy as skipper by Marine Dynamics en Dyer Island Conservation Trust aan en is tans die Algemene Bestuurder van Marine Dynamics, asook skipper van hulle boot, SlashFin. Hennie is by etlike bewarings- en navorsingsprojekte betrokke en werk ook nou saam met universiteite.

Sy bekende uitspraak is: “My passion in life is not only the marine life, but also the life of nature!” Gansbaai Fotografieklub vergader elke 1ste en 3de Maandag van die maand om 18:15 vir 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant die laerskoolhek. Die tema’s vir foto’s vir die volgende byeenkomste is “Lente/Spring” (22 September 2014) en “Vervoer/Transport” (Oktobermaand).

Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Boot gebaseerde fotografie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant