HEILIG HEILIG HEILIG is die HERE

HEILIG HEILIG HEILIG is die HERE

Gansbaai Courant

 “Praat met die hele gemeente Israel en sê vir hulle: Wees heilig, want Ek die HERE julle GOD is heilig.” (Lev 19:2) 

“Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê: “Heilig, heilig, heilig is die HERE  GOD, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” (Open. 4:8) 

Hoe nodig het ons nie om hierdie woorde te hoor nie! “Heilig, heilig, heilig is die HERE  GOD, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” Ja, ons as  Christene en dan ook die hele wêreld, moet elke dag verwonderd gaan staan as ons dink aan GOD se heiligheid. Maar ons moet ook weer luister dat GOD van ons verwag om heilig te wees soos wat Hy heilig is. In die Ou Testament het die priesters die gemeente (Israel) telkens vermaan om heilig te lewe, want GOD is heilig. In die Nuwe Testament vermaan Petrus die gemeentes in Klein-Asië om heilig te lewe voor GOD!  “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees.  Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” 1Pet. 1:15,16)

Heilig (kadosh –Hebreeus, of Hagios –Grieks) beteken om “Af te sonder” of “eenkant gesit.” Om heilig te wil lewe moet ons lewe bewustelik eenkant gesit word, afgesonder word vir ons HERE GOD. As kinders van GOD wat deur Hom uitverkies, begenadig en geseën word, moet ons daaglikse lewe gekenmerk word deur woorde en dade van heiligheid, waardigheid en getrouheid. Natuurlik gaan jy nie rondloop asof daar ’n ligkrans om jou kop is nie – maar jy gaan wel rondgaan met woorde van bemoediging en troos. Jy gaan met elke woord wat jy uitspreek toets of dit GOD se heiligheid waardig is. Bou dit die mense om my op, of breek dit hulle af? Alles wat jy gaan doen word gedoen asof jy dit op daardie oomblik vir GOD doen. Is dit wat ek aan my geliefdes, my meerderes en minderes, elke dag doen – is dit tot eer van GOD of nie?

Miskien moet ons minder sê dat ons christene is en meer heilig begin lewe. Waar ons lewe, werk en speel, moet ander dadelik kan sien ons is geheilig vir die HERE. Neem vandag die besluit om jou harte en jou gedagtes aan die die HERE te heilig. Verwyder enige negatiewe gedagte en vul jou lewe met alles wat mooi en reg en waar is! (Fil. 4:8,9) Dan woord GOD se Naam ook geheilig soos ons bid in die Onse Vader!

HEILIG HEILIG HEILIG is die HERE

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant