Lions wis tekort uit

Lions wis tekort uit

Gansbaai Courant

 “Hierdie seun kan gerus dopgehou word, hy gaan nog groot hoogtes in landloop bereik,” is die oorwoë mening wat oor German Lewis uitgespreek is. German is ‘n 12-jarige knaap en ‘n Gr 4 leerder aan Gansbaai Primêr.

Gansbaai Courant het onlangs weer berig dat hy 3de tydens die WP Landloop Kampioenskappe te George geëindig het, waar hy stof in 80 deelnemers se oë geskop het. Daarmee het hy vir Atletiek Suid-Afrika (ASA) se kampioenskappe te George op 11-13 September gekwalifiseer. Sy afrigter, Corrie Avenant was bekommerd oor German se kostes ten bedrae van R3,200, maar goeie borgskappe is na aanleiding van Gansbaai Courant se berig aangebied. Op die laaste nippertjie het daar nog ‘n bedrag gekort, wat vriendelik deur die Gansbaai Lionsklub geborg is. Jan le Roux het die tjek namens die Gansbaai Lionsklub aan German en Corrie oorhandig.

“Namens Gansbaai Lionsklub wens ek jou alle sterkte toe vir die komende SA kampioenskappe en ons is dankbaar dat ons van hulp kon wees,” het Jan gesê. Intussen het die SA’s plaasgevind en German het nie teleurgestel nie. Met meer as 110 deelnemers het German 11de in die kategorie vir seuns o/12 geëindig, wat ‘n puik prestasie is en hy is heel trots op sy medalje wat hy ontvang het. “Dit was sy grootste wedloop tot nou toe en hy het baie geleer uit die ervaring om teen die land se bestes te kon meeding,” sê Corrie.

Hy rig graag die volgende bedankings: Lions Club, Football Foundation, Marine Dynamics, White Shark Diving Company, White Shark Adventures, White Shark Diving Unlimited, Taurus, Geldenhuys Bouers en elke ouer en onderwyser in die gemeenskap.

 Hardus Botha

Lions wis tekort uit

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant