Hospice seminaar

Hospice seminaar

Gansbaai Courant

‘n Inleidende seminaar vir Gansbaai gemeenskapsleiers, ‘n eerste van sy soort, is op Maandag, 15 September in Herberg-aan-See se sitkamer aangebied. “Die doel van hierdie oorsigtelike bekendstelling is om die werksaamhede van Overstrand Hospice aan die Gansbaai-gemeenskap bekend te stel,” sê Fransil Kotze, Maatskaplike Werker en Vrywil-lige Koördineerder van Overstrand Hospice.

Onderwerpe wat aangeraak is, is: Oorsig van Overstrand Hospice; Palliatiewe versorging; Rol van vrywillige helpers; Hospice-winkel; Pasiëntesorg op daaglikse basis; Befondsing; 600 Klub; Dag-Hospice vir pasiënte.

Teen die einde van 2012 het Overstrand Hospice ‘n strategiese besluit geneem om vrywilligers in onder andere die Gansbaai-, Pearly Beach en Kleinmond tot by Rooi Els op te lei. In 2013 is die eerste groepie Gansbaaiers opgelei en in Augustus 2014 die eerste groep Pearly Beachers. Dieselfde kursus is in Kleinmond op 28 Julie tot 8 Augustus aangebied. Nou het Gansbaai die geleentheid ontvang om behoorlik ingelig te word met die oog op vrywillige deelname aan Overstrand Hospice.

Die 600-Klub is saam met Overstrand Hospice in 2007 gestig. Die doel van die klub is om enersyds fondse vir Hospice te genereer en andersyds om die algemene publiek die geleentheid te bied om pryse te wen terwyl hulle ‘n liefdadigheidsorganisasie ondersteun. ‘n Donasie ten bedrae van R50/maand via gekontroleerde debietorders is nodig om aan die 600-klub te behoort en om ‘n kans te staan vir die wen van kontant- en ander goeie pryse. Norma Scott-Tomlin van Overstrand Hospice kan by 028-312-4679 gekontak word. Kennis kan ook geneem word dat die Hospice-winkel “in die hart” van Hermanus in Aberdeenstraat geleë is. Die winkel voorsien reeds vir sowat 7 jaar in die fisiese en emosionele behoeftes van inwoners van en besoekers aan Hermanus. Items soos klerasie, boeke, kunswerke, huishoudelike goedere en veel meer vloei deur die winkel vanuit die gemeenskap en terug aan die gemeenskap.

Die winkel se kontaknommer is 028-313-1884. “Ons is baie tevrede met die dag se verrigtinge en is positief oor Hospice se teenwoordigheid in Gansbaai en Pearly Beach,” het Fransil gesê.

Hardus Botha

Hospice seminaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant