Nicolene Richards

Nicolene Richards

Gansbaai Courant

“Vir my is gemeenskapsbelang altyd die vooropgestelde oorweging by enige plaaslike betrokkenheid en dat fundamentele menseregte te alle tye beskerm moet word en ek glo aan gebalanseerde betrokkenheid by my praktyk en die gemeenskap,” sê Nicolene Richards, prokureur in Gansbaai. “Ek is nie ‘n feminis nie, maar voel sterk oor die lewering van ‘n essensiële bydrae om vroue en agtergeblewenes te bemagting.”

Nicolene Richards (nee Goosen) is op 26 Februarie 1962 in Krugersdorp, Gauteng Provinsie gebore, waar sy ook grootgeword en skoolgegaan het: Laerskool Krugersdorp-Noord en Jan de Klerk Hoërskool waar sy in 1980 matrikuleer. Haar vader, Wynand Goosen is 6 jaar gelede oorlede, maar haar moeder, Salmina (73) woon steeds in Krugersdorp en Nicolene het 2 broers wat jonger as sy is. Ná skool het sy in 1981 eers vir ‘n jaar mode-ontwerp aan ‘n Tegniese Kollege studeer alvorens sy Universiteit toe is.

Aan die Universiteit van Pretoria (Tukkies) het sy vanaf 1982 tot 1990 die grade B.A. (Inheemse Reg en Kriminologie) en B.Proc. verwerf, waarna sy haar klerkskap (prokureur) oor ‘n tydperk van 2 jaar voltooi het. Op 22 Februarie 1998 tree Nicolene met Frans Richards in Brits, Noord-Wes Provinsie in die huwelik. Frans is oorspronklik van Stella in die Noord-Kaap, maar het medies aan die Universiteit van Pretoria studeer. Tans het hy ‘n mediese praktyk in Gansbaai. Die egpaar het hulself gedurende 2004 permanent in De Kelders kom vestig.

Nicolene het die 2-jaar praktiese deel van haar beroepslewe as professionele assistent by die regsfirma Jules Krige (Hartbeespoort) begin en daarna by die regsfirma Bloch Gross & Vennote (Pretoria) se Spesialis-afdeling gepraktiseer. Sedert 1998 het Nicolene onder haar eie naam ‘n prokureursfirma bedryf, terwyl sy ook ‘n vennoot by Vorster & Steyn Prokureurs in Hermanus was. In 2004 open sy Vorster & Steyn se Takkantoor in Gansbaai wat sy tot 2009 in vennootskap met hulle bedryf. Daarna koop sy haar vennootskaps-aandeel uit en bedryf steeds die praktyk vir eie rekening in eie naam. ‘n Groot deel van haar studietydperk was Buitemuurs, met werk as ‘n Regtersklerk bedags. Sy het vir regters Jan Strydom (Pretoria) en Goodman Gordon (Johannesburg) gewerk. “Ek het my destydse studies onderbreek en na Israel gegaan waar ek op Kibbutz Sdot Yam gewerk het,” vertel Nicolene. “Daar het ek hande-arbeid verrig soos koeie gemelk, bome gesnoei, vloere gewas en op ‘n stadium eiers vir 1,200 gaste gebak het en toe agterna nog moes opruim ook.” Hier ter plaatse is Nicolene aktief by Gansbaai Fotografieklub betrokke. “Rondreis en die neem van foto’s is ‘n passie vir my,” sê sy. Dan is sy ook vir die afgelope 2 jaar voorsitter van Tukkies se oud Studentebond, Alumni Overberg.

Vir die laaste 4 jaar is Nicolene by die opleidingskool van die Wetsgenootskap betrokke waar sy onder andere opleiding aan jong-toegelate prokureurs en nuwe toetreders tot die professie rakende etiek en bemarking verskaf, asook opleidings-seminare vir die Departement van Vervoer en privaat instansies rakende algemene regsaspekte. Nicolene is ook indirek, maar aktief, gemeenskaps-betrokke soos by opheffingsprojekte en met haar vrywillige deelname aan die gratis Testament-week, met ‘n lewendige belangstelling (en betrokkenheid) in omgewingsbewaringsprojekte. Sy handhaaf ‘n goeie balans tussen ontwikkeling en bewaring, terwyl die egpaar ook verkies om plaaslike besighede te ondersteun.

Alhoewel sy nie ‘n ingeskrewe lid van Gansbaai Sakekamer is nie, onderskryf sy hulle bedrywighede en moedig lidmaatskap aan. Wat haar politieke siening betref, sê Nicolene dat sy ‘n ingeskrewe lid van die DA is. “Ek het by die DA betrokke geraak omdat hulle ‘n tuiste aan alle rasse en burgers bied,” sê sy. Sy voel baie positief oor die toekoms van Gansbaai se ontwikkeling, asook die vooruitgang van die dorp en omgewing. “Dit is ook vir my belangrik dat ‘n mens nie net ‘vet afskep’ nie - wat jy oes moet jy ook bereid wees om terug te ploeg,” sê sy. “En ‘n passie vir my is dat Gansbaai as ‘n gemeenskap beskerm sal word en dat hulle belange altyd erken sal word.”

 Hardus Botha

Nicolene Richards

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant