Badisa se Straatkollekte

Badisa se Straatkollekte

Gansbaai Courant

Maatskaplike Dienste: Hermanus, Stanford en Gansbaai, ‘n Program van Badisa, beplan hulle jaarlikse straatkollekte vir Saterdag. 27 September 2014 in Gansbaai. Tussen 09:00 en 13:00 sal vrywilligers met skudblikkies by Gansbaai Superspar, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Apteek en Hermanus Liquor Store staan.

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om hierdie jaarlikse poging te ondersteun en ook om byvoorbaat kennis te neem van die vrywilligers met skudblikkies op hul poste,” sê Heidi Kruger, Administrasie Beampte: Badisa Gansbaai. “Ons bedank ook byvoorbaat die vrywilligers wat bereid is om Badisa op hierdie wyse te ondersteun. “Die opbrengs van die straatkollekte word gebruik om in allerlei behoeftes in die gemeenskap te voorsien. Badisa se brosjure verwys na vele ontvangers van maatskaplike dienste wat gelewer word: kinders, jeugdiges, vroue, bejaardes, gestremdes en gesinne.

Elkeen van hierdie kategorië bevat etlike optredes, programme, besoeke en veel meer, afhangende van die behoeftes en nood wat bestaan. “Diens Bring Lig”, lui Badisa se embleem-onderskrif, maar daarvoor is vele vrywillige hande nodig: tydelike bewaring van kinders; inskakeling by ontwikkelingsgerigte programme; aankoop van kospakkies; ondersteuning aan gesinne; bemanning van klerekamers; voorbereiding van sop; hulp by sopkombuise en fondsinsamelingsprojekte; skenkings van klere, kruideniersware, groente en vrugte, huishoudelike ware en finansiële bydraes.

Navrae rakende Badisa se bedrywighede kan aan Heidi Kruger by 028-384-0151 van Gansbaai Badisa se kantore, langs die NGK, gerig word.      

Hardus Botha

Badisa se Straatkollekte

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant