Stanford hou Basaar

Stanford hou Basaar

Gansbaai Courant

Stanford gemeente nooi hul broers en susters, vriende en familie, bure en besoekers, seebadsmense  en saamlopers van Gansbaai en omstreke uit om op Saterdag 4 Oktober saam te kom fees vier en basaar hou op Stanford. 

Die saal open om 10h00, maar die tente op die terrein is al van vroeg af oop en groente en pannekoek kan daar gekoop word. Die kafee bedien ontbyt en jy kan 'n vroeg-oggend soetigheidjie by die teetuin geniet. Kom snuffel vroeg vir 'n boek of borduurwerk, borde, glase, snuisterye of fotorame by die wit olifant tafel of kom kyk wat daar te koop is vir die lapverf kunstenaar. Buite sal ook plante en tuindekor wees en verskillende soorte heuning. 

Is jy 'n uithaler potjiekoskoker, kyk of jy en jou span die kampioene van die afgelope 2 jaar,  Edward Thirion van Swellendam en sy PSG  Wealth -span kan onttroon.  Daar is opwindende pryse op die spel asook 'n wisseltrofee. Inskrywingsfooi is R100 en vorms is beskikbaar by die Stanford kerkkantoor 028 3410966 / 0283410681  of Carlien Dreyer 0723371544. 

Die jaarlikse fynbos tentoonstelling in die kerk is oop vir die hele naweek en kan gratis besoek word. 

Kom geniet die dag saam met  ons op Stanford.

Elna Dreyer

Stanford hou Basaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant