1ste Big Brag vir Pilchies

1ste Big Brag vir Pilchies

Gansbaai Courant

Die eerste “Big Brag” vir Gansbaai Primêr het op Vrydag, 12 September 2014 aangebreek. Uitstekende dissipline en goeie orde is deurgaans deur die leerders gehandhaaf. Die Adjunkhoof, Niel Pedro, het as seremoniemeester opgetree en gesê die skool het op die naam “Pilchies” besluit, “want ons swem saam soos ‘n skool visse.”

Die skoolhoof, Tommy Volkwyn, het onder andere die volgende beklemtoon: “Om ‘n leerder op laerskool te wees, behoort die belangrikste ding vir julle te wees. Dis binne ‘n oogwink verby en keer nooit weer terug nie. Almal se strewe behoort te wees om net die beste te lewer en om dit te kan doen, moet ‘n mens trots wees op jouself, jou familie, jou gemeenskap en veral op jou skool; Wyle Nelson Mandela het gesê sport bou vriendskapsbande en bewerkstellig vrede en dit is wat julle met deelnemende besoekers moet doen.”

Die spog-geleentheid is met ‘n vlagseremonie begin, waarna past Samuel (Zanzie) Jacobs (‘n ou-leerder van Gansbaai Primêr) die verrigtinge op gepaste wyse geopen het. Die verskeie junior rugby- en netbalspanne is om die beurt deur hul afrigters en kapteins aan die leerders en besoekers voorgestel, afgewissel met voorsang en krete deur die dirigente. Daarna is die seniors, rugby o/13 en netbal p/13, met ‘n “capping”-seremonie vereer, waartydens elkeen ‘n pet ontvang het.

Niel Pedro het die volgende bedankings (alfabeties) gedoen: Agri Stanford, Beheerliggaam, Besighede, Birkenhead Brouery, Gansbaai Courant, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar, Gilbert Hart, I&J Danger Point, Leerders, Montaqu Spar, Ondersteuners, Ou Mutual Groepskema (Caledon), Ouers, past Zanzie Jacobs, Personeel, Raka Wyne, Rodger Bred, Samuel Brett, Secma International en The Drif Farms.                                                                            

Hardus Botha

1ste Big Brag vir Pilchies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant