My Bybel en my selfoon

My Bybel en my selfoon

Gansbaai Courant

 “ U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.”

(Ps. 119:105 – 1953 vert.)  “U Woord wys my presies hoe ek moet leef, soos ’n helder lig skyn dit op die donker pad waarop ek stap”  (Ps. 119:105 Die Boodskap)” “Dit gaan goed met die mens wat.... in die woord van die HERE sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.  Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra .......Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.” (Ps. 1:1-3 – 1983 vert.)

Ek kry vanoggend ’n e-pos wat my weer tot stilstand ruk.

Ons heg soveel waarde aan ons selfone dat ’n mens tog wonder hoekom ons dan nie net soveel aandag aan ons Bybel kan gee nie.

Wat dink jy sal gebeur as...

Ons Bybel ook saam met ons heeldag in ons handsak of broeksak gedra sou word?

Ons die Bybel ’n paar keer op ’n dag sou “flip” of oopmaak?

Ons ook elke keer omdraai om ons Bybel by die huis te gaan haal?

Ons sou leef asof ons nie sonder ons Bybel kan klaarkom nie?

Ons ook aan ons kinders elkeen gereeld ’n nuwe Bybel sou gee?

Ons dit soos ’n kompas sal gebruik as ons wil weet waarheen om te gaan?

Ons die Bybel elke keer sal gebruik in ’n noodsituasie?

Ons gereeld sou luister of daar nie vir ons ’n oproep van GOD of ’n boodskap van die Heilige Gees is nie?

Dan moet jy ook verder weet....

Jou Bybel hoef nooit herlaai te word nie! Jou selfoon wel.

Jou Bybel is nooit sonder ’n sein nie! Jy het altyd opvangs!

Jou rekening by GOD is ten volle vir alle tye betaal. Geen maandelikse koste nie!

Die Bybel raak nie stukkend, verouderd of onbruikbaar nie. Die Bybel is die nuutste model op die mark en jou Netwerkverskaffer is Jesus Christus wat vir jou die heel beste dien gee!

Miskien moet ek en jy net weer goed nadink hoekom GOD ons Sy Woord (Selfoon) gegee het. Sodat ons die beste kontak en hulp kan hê vir elke moontlike situasie in ons lewe. Leer om weer jou Bybel te gebruik soos wat GOD dit bedoel het – as ’n lig op jou pad en ’n kompas om jou presies te wys hoe om te lewe!

My Bybel en my selfoon

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant