Ontmoet die Overberg Houtwerkers Assosiasie van Gansbaai

Ontmoet die Overberg Houtwerkers Assosiasie van Gansbaai

Gansbaai Courant

Die Overberg Houtwerkers Assosiasie (OHA) vier hierdie jaar hulle 20ste bestaansjaar. In 1994 verskyn daar ‘n berig in die destydse Herald en Venster om belangstellendes te nooi om ‘n Houtwerkers klub te begin. Hannes Lüdick,het die inisiatief geneem om die groep op die been te bring. Die eerste oproep kom van  Kosie Viljoen (Geelhout) en daarna volg, Jan Viljoen, Koos Viloen, Willie Swart en Ruben Metrovitch. 

Hulle kom die 1ste September 1994  in Gansbaai byeen en die klub word gestig, dit word later as die Overberg Houtwerkers Assosiasie bekend. Hannes Lüdick word as voorsitter gekies. Later skuif die klub na Kleinbaai aan huis van Hannes en die klub groei tot 40 lede.

Die klub se doel,  is om die regte gebruik en aanwending van veral kraggereedskap aan lede bekend te stel en te demonstreer. Die veiligheid- en gesondheidsaspekte geniet hoë prioriteit en hul missie is: Ken jou masjien.

In Desember 2002 word die eerste houtspeelgoed deur lede gemaak  vir inrigtings, skole en kleuterskole. 2003 ontvang me M Soldaat, maatskaplike werker van Gansbaai ’n klomp speelgoed en in 2004 word meer as 200 handgemaakte speelgoed gemaak en word uitgedeel aan Mispah Skool vir gestremdes Elim, Masakhane kleuterskool, CMR Gansbaai, SAP Traumakamer, Gansbaai Primêr en verskeie minderbevooregte kinders in Gansbaai ontvang ook van die speelgoed.

In hierdie jaar sluit die eerste dame ook aan by die klub.

In 2005 bied die klub aan om hulp te verleen aan Herberg aan See. Daar is gevind dat daar onder andere ‘n tekort aan speletjies en kollekte bussies was, asook so ‘n paar klein werkies wat gedoen kon word. Onder leiding van Marthinus Fourie, Louis de Jager en Johan Schreuder is die manne aangetree om in die behoeftes te voorsien.

Oktober 2006  in die Pretorius saal kom 600 senior lede bymekaar en Hannes en Mev Marian Beyveldt doen die beoordeling van al die handgemaakte artikels wat die senior lede ingeskryf het.

Die klub besoek die Blinde Instituut in Worcester asook Flower valley wat ook speelgoed ontvang. Die manne het 2 toere Knysna toe onderneem en kom terug met vragte swarthout.

Julie 2007 maak Marthinus Fourie , Oom Johannes Dreyer se dag.

Hy het ‘n vindingryke patent ontwerp wat uiters prakties benut kon word en daartoe bygedra het dat Oom Johannes baie meer, in sekere opsigte selfversorgend kon wees. Dit was ‘n platform wat op sy skoot kom, en het  gelyk soos ‘n groot hout skinkbord wat aan die sykante met bande om die twee armleunings van die rolstoel vasgegespe was en ‘n band om Oom Johannes se lyf. Oom Johannes kon toe vir die eerste keer vandat hy sy bene verloor het, gemaklik eet. ‘n Hele paar van die skinkborde is later gemaak.

 Lede herstel ook gebreekte meubels van die plaaslike tehuis vir bejaardes. Bediening skinkborde vir rystoele is sterk in aanvraag.

 Okkie Smuts in Stanford  word besoek deur ‘n paar lede en daar word gevind dat daar ‘n groot behoefte is an instandhouding en restorasie. Die manne was baie gewillig en daar word op ‘n dag besluit om hierdie werk te doen, Dit is met groot vreugde en dankbaarheid ontvang.  Hierdie projekte is ‘n liefdesdiens aan die gemeenskap en as beloning is die opregte waardering en dankbaarheid in kinder- en oumens-oë, meer as voldoende.

Hannes Lüdick tree uit as Voorsitter en Hennie Prinsloo neem oor .Die klub gaan nog  aan soos aan die begin en die lede is steeds baie aktief. Johan Schreuder breek die rekord vir bywoning, in die 18 jaar vandat hy aangesluit het, het hy nog net een vergadering as gevolg van ‘n operasie weg ge bly.  Hannes word voorsitter van die nuut gestigte Draaiklub Assosiasie in 2010. Daar het ‘n behoefte onstaan toe al hoe meer lede net in die draaiwerk begin belangstel het. Ledetal van die draaiklub is 22. Hy is nog steeds ‘n lid van die Houtwerkklub. Heelwat van die draaiklubmanne  is ook lede van die die Houtwerk-klub. Daar word oor en weer gekuier, en albei klubs word op hoogte gehou van mekaar se doen en late.

Beide van die klubs is oop vir Mans sowel as Dames om aan te sluit asook jong mense.

Rienie Lüdick

Ontmoet die Overberg Houtwerkers Assosiasie van Gansbaai

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant