Overstrand se Toekomspad

Overstrand se Toekomspad

Gansbaai Courant

“Om ‘n sentrum van uitnemendheid vir sy gemeenskap te wees,” lui Overstrand munisipaliteit se visie. “Een manier om hierdie visie te kan uitleef is deur kennis te deel ter bevordering of ontwikkeling van die gebied: kundigheid in ‘n nuwe Suid-Afrika, en ook in Overstrand, is baie belangrik en almal moet help om die skaars komoditeit beter te benut,” het rdl Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester tydens ‘n toeligtingsvergadering gesê.

Rdh Pieter Scholtz, Overstrandse Onderburgemeester, het as seremoniemeester opgetree, met rdl Dudley Coetzee wat ‘n aanbieding oor strategiese beplanning aangebied het. Rdl Botha-Guthrie het die gaste toegespreek oor waarheen hulle met die Overstrand op pad is. “Ons funksies en mandaat as derde sfeer van regering is in die Grondwet vervat, en dit is om basiese diens te lewer,” sê rdl Botha-Guthrie. “Die kernfunksies is water, sanitasie, vullisverwydering, elektrisiteit en munisipale paaie wat ons dag tot dag taak is, terwyl veel meer gedoen word.”

Overstrand word deur die volgende suksesse gekenmerk: Toekenning vir 2de beste munisipaliteit in die land (2014); Ontvanger van toekennings met betrekking tot die skoon ouditverslag vir 2012/2013, asook vir die afgelope klompie jare; Drie Internasionale Blouvlag strande, Grotto, Hawston en Kleinmond; Groen- en Blou druppel status van ons water- en gesuiwerde rioolwaterwerke; Katagorie-wenners van die Groenste munisipaliteit kompetisie; Omgewingsbestuur (Werk vir die Kus) en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling; Toekennings vir Infrastruktuur innovasie, onder andere die Preekstoel biologiese water behandelingsplan, die Kleinmond laekoste behuisingsprojek vir sy vordering op die gebied van groen ekonomie; Die Rioolsuiweringsprojek te Gansbaai; Verskeie watersuiweringsprojekte in Gansbaai.

“Gansbaaiers wat dink Gansbaai ontvang nie hulle deel nie, moet weer dink,” het sy glimlaggend gesê. “Die Overstrand het die afgelope 13 jaar in Gansbaai alleen R243,349,027 aan infrastruktuur spandeer, soos watersuiwering, rioolwerke, afvalbestuur, elektrisiteit en strate, wat sowat 21% van die R1,4 miljard is wat in die Overstrand in geheel spandeer is.” Die Overstrand word beskou as die 7de vinnigste groeiende gebied in Suid-Afrika en die 3de in die Wes-Kaap, maar sy het ook na vele uitdagings verwys wat oorbrug moet word. “Om uitdagings aan te spreek, word die Overstrand se ontwikkelingsrigting deur medium- en langtermyn beplanningsprosesse gelei,” het sy gesê. “Die huidige 5-jaar Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) dien as medium termyn plan, maar om aan ons visie te voldoen, is intensief na die langer termyn gekyk.”

Alle strategiese beplanningsdokumente waarna verwys word, is deur die Raad goedgekeur en is by die munisipaliteit ter insae beskikbaar. “Ek doen ‘n beroep op almal om met ons saam te werk ten einde die weg te baan wat tot almal se voordeel sal wees,” het rdl Botha-Guthrie gesê. 

Hardus Botha

Overstrand se Toekomspad

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant