Tannie Winnie se uitdaging

Tannie Winnie se uitdaging

Gansbaai Courant

Tannie Winnie (95), ‘n inwoner van Herberg-aan-See (HaS), daag gholfspelers uit om “saam met haar” die gholfstokke op Saterdag, 11 Oktober 2014 uit te haal en te wys wat hulle kan vermag. Om die “vooraf gevoel” te kry, het Tannie Winnie Steenkamp (95) en Tannie Smittie van Rensburg (86) Gansbaai Gholfbaan onlangs besoek en sommer ook ‘n gholfkarretjie van nader bekyk. Hulle is deur John van Rooyen (Bestuurder: HaS), Anita van Dyk (Administrasiehoof: HaS) en die nimlike Suster Linda Meyer na die gholfbaan vergesel. Daar het Jannie Brandt en Leon Hattingh van Gansbaai Gholfklub hulle verwelkom en die groepie het sommer heel tuis op die gholbaan en gholfkarretjie gevoel.

Voortdurende fondsinsamelings-projekte, soos die komende HaS-basaar eerskomende Saterdag, asook vele ander projekte wat veral deur die Gansbaai Goue Hande aangepak word, is noodsaaklik vir die bedryf van die Tehuis. Kostes verhoog by die dag, daarom verhoog die nood vir bykomende fondse ook by die dag. Hierdie “2 Balll Better Ball” gholfkompetisie ten bate van die Tehuis vorm deel van die voortdurende pogings om finansiële verligting mee te bring en kan gerus voluit ondersteun word. Ontbyt is by die baanfooie ingesluit en groot pryse is op die spel, soos Haaiduik vir 4, Walvisbesigtiging vir 2, 5 ster etes vir 4, wyngeskenkpakke en veel meer. Borge vir putjies en pryse is nog beskikbaar.

Laaste nippertjie navrae oor die komende en opwindende gholfdag ten bate van HaS, en/of inskrywings, kan aan John van Rooyen of Anita van Dyk by 028-384-0501 gerig word, of Gansbaai Gholfklub kan by 028-384-1441 geskakel word.                                   

Hardus Botha

Tannie Winnie se uitdaging

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant