Borskankermaand Pretloop

Borskankermaand Pretloop

Gansbaai Courant

Reik na Herstel Borskanker-Ondersteunings Organisasie is op ‘n pad van vernuwing.  Die afgelope paar maande was ‘n oorgangstydperk met ongelooflike vordering, wat gedurende Oktober die hoogtepunt bereik wanneer ons die organisasie se nuwe voorkoms en logo bekend stel.

Ons ou logo – die figuur van ‘n vrou  wat uitreik met haar hande – was vir baie jare die logo van ons organisasie.  Dit was nodig om die logo te herontwerp om te verseker dat dit nie  na ‘n spesifieke geslag verwys nie, aangesien mans ook toenemend, soos vroue, borskanker kry.

‘n Nuwe reis begin – ons nuwe logo, ‘n blomknop met die voorstelling van ‘n menslike figuur wat uitreik in triomf, is ontwerp deur Gregory Leigh Booysen, ‘n student aan die “AAA School of Advertising”

Reik na Herstel (Reach for Recovery) is in 1953 deur ‘n mastektomie pasiënt, Teresa Lasser in die VSA gestig.  SA was een van die eerste lande wat ‘n soortgelyke program gevestig het.  Die organisasie is geaffilieer by “Reach to Recovery International”  (RRI).

Ons glo dat alle kanker pasiënte regte het, insluitende die reg tot billike en kwaliteitsorg.  Reik na Herstel het daarom aangesluit by die “Cancer Alliance” en die “Advocacy for Breast Cancer Group” om te verseker dat ons stemme gehoor word en dat ons ‘n rolspeel in kankerbeheer in Suid-Afrika.

Reik na Herstel is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO) en ‘n organisasie vir Publieke Voor-deel (PBO). ‘n Omvattende nie-mediese ondersteunings-program word aangebied deur opgeleide Vrywilligers.  

Die diens word gratis aangebied, en hulle ontvang geen staats hulp nie.  Borskanker-oorwinnaars maak op ‘n unieke manier kontak met nuut gediagnoseerde pasiënte op versoek.  Ons missie is om emosionele sorg en praktiese ondersteuning te bied aan persone wat deur borskanker geraak word. 

DITTO  PROJEK  -  Dit is ‘n gesubsidieerde borsprostese-diens. Ons wil graag elke vrou wat ‘n mastektomie ondergaan het, en nie ‘n prostese kan bekostig nie, ondersteun om toegang tot ‘n silikon-prostese te verkry.  Die afgelope jaar het 5 oorwinnaars in ons omgewing baat gevind by ons projek.  Indien u belangstel om van die diens gebruik te maak om weer meer volledig vrou te voel, kontak ons gerus.  Verlede jaar was dit die eerste Pretstap by Franskraal ten bate van Reik na Herstel.  Op versoek van die deelnemers,  hou ons dit weer hierdie jaar.  Om koste te bespaar, bring asseblief u eie water saam om tydens die stap te drink.    

REIK NA HERSTEL  PRETSTAP 16  OKT FRANSKRAAL  KUS WANDELPAD

Tyd: 07:30 - 08:00 Inskrywings by beginpunt, parkeerarea, Franskraal. 08:00 Begin van Pretstap, kuslangs op die wandelpad, om Blousloep en terug.

Koste: R10 per persoon, betaalbaar by inskrywings.

Gelukkige Prystrekkings: Na die stap.

Kontaknommers vir meer inligting: 072 523 0650 Annaleen Genade of 071 543 0904 Andriette Bruwer.

Borskankermaand Pretloop

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant