Liedjieboer Rumoer

Liedjieboer Rumoer

Gansbaai Courant

6 Oktober begin die vierde programreeks van  Liedjieboer Rumoer op RSG, Maandagaande tussen 21h00 en 22h00 met jou gasheer Anton Goosen. Die Akoestiese Reeks gaan oudergewoonte  met agtergrond-inligting oor die kunstenaar/s en “songs” aangevul word en die musiekkeuses gaan konsentreer op gevestigde kunstenaars soos o.a. Ben Harper, James Taylor, Willie Nelson, Kristofferson, Dylan, Cohen, Springsteen ens. sowel as nuwe  en minder bekende kunstenaars soos Paolo Nutine, Jen Foster, Seasick Steve, Mandolin Orange, Birdy, Eric Bibb, Townes van Zandt, The Lumineers, Alison Kraus and Union Station, ens. Oudergewoonte val die klem eerder op kwaliteit in die verskillende genres, eerder as kommersiële waarde.

Die musiekskrywer Craig Conley het gesê: "When music is labeled acoustic, unplugged, or unwired, the assumption seems to be that other types of music are cluttered by technology and overproduction and therefore aren't as pure.”  Dit is nogal ’n puristiese definisie en die Akoestiese Reeks gaan losweg daarop geskoei wees, maar in kort sluit dit Hammond orrel in, maar nie elektriese ghitare, elektroniese klawerborde, sintetiseerders, kompermusiek ens nie. Iemand het gesê: "solank daar instrumente uit hout gemaak word, sal daar werklike musiek gemaak word en soos die grunge en rock bands in die 90’s met die unplugged opnames bewys het, is akoestiese musiek die 'uithaal-en-wys' van enige genre." 

Die reeks word saamgestel, opgeneem en verpak in Gansbaai.

Liedjieboer Rumoer

Estie Geldenhuys

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant