Shirley Allen

Shirley Allen

Gansbaai Courant

Susara Johanna (Shirley) Allen (75) is op 19 September 1939 as ‘n Gansbaaier gebore. Sy het in Gansbaai grootgeword en was hier op skool tot die destydse Std 8 (Gr 10). Haar ouers was wyle Willie en Lenie Stevens, met Willie wat een van Gansbaai se destydse vissermanne was. Shirley is die oudste, met 4 broers, waarvan 2 oorlede is en 1 suster wat oorlede is.

“Ek wou baie graag in ‘n verpleegrigting studeer, maar my pa het geweier en ek moes die skool na std 8 verlaat en gaan werk,” vertel Shirley. Haar eerste pos was in ‘n apteek te Caledon en na haar troue het sy by die weermag gewerk. Op 22 Desember 1956 tree sy met ‘n weermaglid, Piet Visagie, ook ‘n oud-Gansbaaier, in die huwelik. Piet sterf 25 jaar later in 1981 in ‘n militêre ongeluk. Sy was vir 4½ jaar alleen, voordat sy met Manie Allen op 14 Desember 1985 in die huwelik bevestig is. Na ‘n tweede huwelik van 16 jaar is Manie in 2001 oorlede, waarna Shirley as weduwee alleen woon.

“Dit is interessant dat ek ná altwee my huwelike in Oudshoorn my lewe saam met my oorlede mans begin het,” sê sy. Shirley het 5 kinders - 2 dogters en 3 seuns, waarvan die oudste in 2011 oorlede is en sy het 9 kleinkinders. Haar 2 dogters, Lehana Engelbrecht en Marna Reich, woon ook in Gansbaai. Tussen die twee huwelike deur het sy op etlike plekke gewoon, soos Durban, Pietermaritzburg, Kaap, Potchefstroom, Walvisbaai, Messina, Kraaifontein, Grabouw en Somerset-Wes. In 1988 keer sy terug na Gansbaai, terwyl haar tweede eggenoot in Grabouw gewerk het. In Gansbaai neem sy “Anker Kafee” van Bes van Boom oor en bedryf dit vir 2 jaar. In 1990 verhuis sy na haar eggenoot in Grabouw. Na sy afsterwe in 2001 “keer sy terug huis toe” - Gansbaai, waar haar skoonsuster, Dienie Allen by haar inwoon. “Gansbaai sal altyd vir my spesiaal bly en dis lekker om weer hier te woon,” sê Shirley.

Hardus Botha

Shirley Allen

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant