Oupa en Ouma sit

Oupa en Ouma sit

Gansbaai Courant

 “Oupa en Ouma sit op die stoep, oupa gee ‘n harde roep, ouma vra wat makeer, oupa sê hier kom die kleingoed!” Dit was weer tyd vir De Kleine Gansies Kleuterskool se jaarlikse Oupa-en-Ouma dag in die Pretoriussaal.

Die opkoms was uitstekend en Lanita Marais het die verwelkomings hanteer. “Ek het die kleuters bietjie uitgevra oor oupas en oumas,” het Lanita gesê. “Daarna het ek tot die slotsom gekom dat kleinkinders gevoer word, bederf word en net lekker dinge saam met die oupas en oumas doen.” Sy het na ‘n paar voorbeelde verwys: “Ek en oupa vang vis, ek vang kabeljoue en oupa vang klein great white sharks”; “Ek en ouma hoela-hoop”; “Ons speel polisie - en ouma is die koningin”; “Ons eet koek en kry lekkers en kry speelgoed”; “Hulle maak vir my pap”.

Daarna het Lanita bietjie agtergrond verskaf oor wat alles by die kleutersool gedoen word, asook inligting oor hulle werkswyses met die kleingoed. Soos gebruiklik is kostelike items deur die kleingoed opgevoer - 25 in totaal en net soos hulle alleen dit kan doen.

Enkele voorbeelde is Wielie, wielie walie; Roly Poly; Visvang vir Jesus; Hasie in die holte; Ek is lief vir jou; Snork en Snuiwe. Lanita het die volgende bedankings gerig: Elsie Swart en Riaana Swart (spyseniering, waarvoor vele positiewe kommentaar ontvang is), Stella Burger (sjokolade), Maggie (skottelgoed), die koster, Marius le Roux (gereed kry van saal), Stephanie Groenewald (fudge), personeel en alle betrokkenes wat by die reëlings betrokke was.

Vir navrae en/of ondersteuning van De Kleine Gansies Kleuterskool, kan Lanita Marais by 083-652-1965 geskakel word.

Hardus Botha

Oupa en Ouma sit

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant