Ons het mekaar nodig

Ons het mekaar nodig

Gansbaai Courant

“Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag. Dit is immers Sy wet dat julle mekaar moet liefhê.” (Gal. 6:2 – Geloof in aksie Bybel)

Lees eers weer hierdie teks uit Galasiërs 6:2.  Dink jy dit is wat vandag onder Christene gebeur? Is ons besig om mekaar se laste te help dra? As ek na ander godsdienste in die wêreld kyk en lees hoe hulle teenoor mekaar optree, dan is die een saak wat telkens uitstaan, die manier waarop hulle mekaar ondersteun. As een persoon swaarkry dan is die medegelowiges dadelik gereed om hom of haar by te staan en te ondersteun.

Booker T Washington, ’n slaaf in Amerika in die vorige eeu het hierdie interessante gebeurtenis vertel wat hom as kind getref het. Hulle het as kinders in die plantasies grootgeword en moes hemde dra wat van ruwe, stekelrige, goedkoop materiaal gemaak was. Die materiaal het jou vel gekrap en baie pyn en ongemak veroorsaak. Sy ouer broer, wat al geleer het van swaarkry, het altyd Booker se nuwe hemde gedra totdat hulle baie sagter en meer drabaar was. Dit het hom as kind geleer wat dit beteken om jou broer se laste te help dra. (Gal. 6:2)

Moeder Theresa is bekroon met die hoogste toekenning vir haar barmhartigheid wat sy aan die armste van armstes in Kalkutta bewys het. Sy het haar hele lewe daaraan gewy om mense in nood te help – ten koste van haarself. Toe ’n jongman haar eenkeer gevra het om hom te leer hoe om ook só barmhartigheid te bewys, was haar antwoord aan hom: “Vind jou eie Kalkutta!”

Rondom jou, in jou eie familie, tussen jou medegelowiges, jou bure, of in die armer gedeeltes van ons dorp, is daar baie Kalkuttas! Daar is só baie mense wat rondloop met seer in hulle lewe, of sonder die nodige kos op hulle tafels. Weet jy hoeveel mense woon as bywoners agter in ander mense se motorhuise? Kan jy jou voorstel hoe moet ’n kind voel om elke dag honger skool toe te gaan – en daar te sien hoe ander kinders hande vol lekkers en koeldrank koop? As jy nog nooit honger of koud gaan slaap het nie, is dit baie moeilik om ander se nood te verstaan. Dit is dalk nodig dat jy jouself afvra of jy regtig weet hoe dit jou broer wat in dieselfde dorp as jy bly, gaan. Bid dat die Heilige Gees ons meer sensitief en opmerksaam maak sodat ons kan begin om mekaar se probleme te help dra. Jy gaan nie sommer raaksien hoe dit met ander gaan as jy nie eers vra dat die Heilige Gees jou oë oopmaak nie. Dit is wat Jesus self van jou verwag om te doen. Begin daaroor te bid!

Ons het mekaar regtig nodig!

Ons het mekaar nodig

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant