Potjiekoskompetisie

Potjiekoskompetisie

Gansbaai Courant

Die getroue ondersteuners van Laerskool Gansbaai het op Saterdag, 27 September, verskeie reënbuie trotseer om die heel eerste potjiekos-kompetisie wat die skool nog aangebied het, by te woon.

Die verskillende potjiekosspanne se stalletjies is kreatief opgeslaan en teen 09:00 het die vure reeds hoog gebrand.  Spanne het gewoeker met hul potte, maar teen 13:45 het benoudheid toegeslaan en is die minute luidrugtig afgekondig tot en met die beoordeling om 14:00.

Die beoordelaars het egter gou agtergekom dat dit nie ‘n maklike taak sou wees om op ‘n wenner te besluit nie en moes kort-kort terugkeer na verskeie potte om weer te proe.  “Nie eers ‘n restaurant kan sulke smaaklike kos voorsit nie” het een van die beoordelaars opgemerk.

Ons wil graag die volgende instansies en individue bedank vir hul ruim hartige bydrae, nl.:  Michael Pashut van Auto and Bus, Supreme Sharks, Whale Safari, Grootbos Natuurreservaat, The Boathouse, Tuscany Coffee Shop, OK Foods, Bon-Bon, Mari Groenewald, Jolene Badenhorst Fotografie, C Sport & Surf, Red Inks, Elsa le Roux-Bekker, Lean-on-Me en Vanessa Knoetze.

Baie dankie aan die beoordelaars, Jonathan en Handré van Benguela Restaurant en André Wagener, voormalige restaurant eienaar, asook elke deelnemer, ondersteuner en toeskouer wat gehelp het om van hierdie geleentheid ‘n reuse sukses te maak! Die wen potte/-spanne was: 

Algehele Wenner:                                Ouma se Kombuis

Smaaklikse Pot:                                 Gansbaai Kampeerklub

Spangees:                                            Maryke en die Potjiekos Boy’tjies

Aantreklikste dis voorgesit:               Ouma se Kombuis

Amper daar:                                         Die “Bachelors”

Joligste deelnemer:                              Elzanne Bosch

Deurmekaarste stasie:                      Sonde “Eliminators”

Wenners van die gelukkige trekkings was:

Pieter Kellerman

Juan Havenga

StollieFourie

Elzanne Bosch

Gees was beslis die groot wenner van die dag.  Elke deelnemer het bygedra tot ‘n onvergeetlike, suksesvolle en baie gesellige dag. Ons beoog om hierdie dag ‘n jaarlikse instelling te maak – so sien julle volgende jaar weer!!

Potjiekos groete

Jolinda Avenant & Lyndri Kotzé

Potjiekoskompetisie

Jolinda Avenant en Lyndri Kotze

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant