Miskien help dit

Miskien help dit

Gansbaai Courant

Niks vreesliks nuus op die hengelfront nie. Ook die bote vaar nie baie goed nie en dus moet die ouens maar dankbaar wees vir die gewone  -- hotties (aan die kleinerige kant), silwervis en rooivis  --  die romanne en PW’s is darem ‘n skaflike grootte.

Ideale tyd om te wys op ‘n paar tegnieke wat meestal ‘n verskil aan ‘n man se vangs kan beteken. Goed soos  --  word die aas reg aangesit? Dit kan nogal ‘n verskil maak indien jou aas nie te groot vir die hoek is nie en of die punt van die hoek uitsteek. Ons praat nou nie van goed soos mosselkraker en steenbras nie.  Die ou wat vandag kan baatvind is meerendeel die boothengelaar wat so saam met die manne vir die “gewone” vis probeer. Daar is nog ‘n duisternis ander goed wat toegepas kan word en ek gaan net ‘n paar noem.

Probeer met twee lyne vang maar verander die opmaak daarvan. Somtyds verkies die vis dat die lood onder hang en die twee stroppe hoër op vasgemaak word (soos daar normaalweg van die wal af gehengel word). Die ander lyn kan dan opgemaak word deur ‘n tousinker  te gebruik. Die twee hoeke hang dan óf langs mekaar óf die een effens onder die ander. Kyk dan watter styl die vis verkies en hengel so.

Baie maal moet die aas beweeg word om die vis nader te lok en deur na jou medehengelaars op te let sal jy gou agterkom of die vis skelm byt en dit weer kan jou keuse van hoeke beinvloed. Ook die dikte van jou lyn kan ‘n verskil maak. Probeer in alle gevalle die lyn so lig moontlik hou. ‘n Verskeidenheid van ase sal beslis help.

Kom ons kyk watter vis die laaste jare in Oktobermaand gevang is en hoe dit vergelyk met vangste sover.

Opsomming OKTOBER 1999-2013

1999. PW’s, roman, tjokka, kreef, kolsterte.

2000. Baie kreef, mooi romanne. Snoek, elf, witstompies, PW’s.

2001. Baie geelbek, snoek, hotties, haai. Roman.

2002. Haai, silwervis, pangas, geelbekkies, roman, hotties, silwervis.

2003. PW’s, roman, hotties.

2004. Baie geelbek. Oulywe, roman, haai, silwervis, 1 rooisteenbras!

2005. Geelbek, hotties, roman

2006. Roman, 1 rooisteenbras! (ondermaat), pangas, hotties.

2007. Roman, hotties.

2008. Geelbek, hotties, roman, silwervis.

2009. Hotties, PW’s (1 van 2, 64 kg.), haai, klein snoekies, geelbekkies. *(Hotties by Quinpoint).

2010. Hotties, geelbek, 1 rooisteenbras (ondermaat), PW, roman, kabeljou.

2011. Roman, hotties.

2012. Geelbek, roman, baie hotties, silwervis.

2013. Hotties, silwervis, roman, PW, haai, geelbek, snoekies.

Geniet die see, Seemeeu

Miskien help dit

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant