Gansbaai Courant

Blog: Krieketnuus

Published: 02 October 2014
By:Heinrich Vermeulen

Gansbaai Krieketklub het die afgelope Sondag na Napier gereis om die sterk span van Napier Krieketklub die stryd aan te sê.

Napier Krieketklub het eerste gekolf en 'n goeie telling van 245/5 in 40 boulbeurte aangeteken. Gansbaai se beste boulers was Theuns Otto (5-0-21-2), Nicoholas Barkhuizen (4-0-32-2) en Corrie Avenant (8-2-21-0).  

Gansbaai het toe gaan kolf en 248/6 in 35 boulbeurte aangeteken, danksy goeie bydraes deur Zian Slippers 86 nun (2x4)(12x6),  Junior van der Linde 47 nun (1x4)(5x6), Corrie Avenant 37 (4x6) en Jonathan Doyle 28 (2x4)(1x6). Gansbaai het die wedstryd met 4 paaltjies gewen.

Gansbaai speel eerskomende Saterdag tuis teen 'n toerspan en Sondag teen Caledon Krieketklub. Die klub nooi almal uit om hulle te kom ondersteun. 

Sportiewe groete, Heinrich Vermeulen, 082 715 3179

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...