Hou moed God gee ons krag om aan te hou

 Hou moed God gee ons krag om aan te hou

Gansbaai Courant

Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die HERE julle GOD gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”  (Deut. 31:6) 

“Die Gees wat GOD ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.”  (2Tim. 1:7) 

In elke mens se lewe kom daar dae wanneer jy voel alles vir jou net te veel word. Dit kan druk by die werk wees, spanning in jou huwelik of verhoudings, of sommer net die toestand in ons land waar dit lyk asof daar geen orde, respek of liefde oor is nie. Dit maak nie saak wat dit is wat jou moedeloos maak nie – dit het ’n invloed op jou gesondheid en jou innerlike vrede. Ons almal het MOED nodig om ons daaglikse lewe voluit te aanpak.

Waar kan ’n mens dan ’n pilletjie vir moed, of ’n inspuiting kry wat jou dapper maak?

As ek nou vir jou sê, soos hier bo in die opskrif staan, dat ons net op GOD moet vertrou dan sal ons moed hê, is ook nie heeltemal waar nie. Hoeveel keer het jy nie al gebid en gepleit vir meer krag en moed om maar net weer die volgende oomblik te besef hoe gespanne of angstig jy is oor jou spesifieke situasie nie. Geloof en gebed gee nie sommer net moed soos ’n pilletjie of inspuiting nie.  Daar moet iets meer gebeur. Jy moet van jou kant af ook iets doen.

Wat GOD ons wel belowe, soos hier bo in 2 Timoteus 1:7 staan, is dat Sy Gees ons help om nie lafhartig (of moedeloos) te wees  nie – want die Gees vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.  Hierdie krag kom van GOD af – Glo dit is reeds daar - jy moet dit binne-in jou aktiveer deur binne-in jou omstandighede op te te staan en jou situasie aan te pak.  Om net stil te sit en bang te wees, of vir jouself te sê hoe moedeloos jy is – verbeter glad nie jou omstandighede nie. Sê vir jouself GOD is daar vir jou, Hy is langs jou – ervaar Sy Goddelike teenwoordigheid – staan dan op en doen iets positief. Skryf, praat, bid, lees jou Bybel – doen net iets! Moed is ’n spier wat gebruik moet word voordat dit sterker word. Vertrou GOD vir krag – en gebruik dan daardie krag!

Aanvaar jou omstandighede – hetsy dit probleme is by die werk of in jou verhouding - of die toestand in ons land – en neem die besluit om jou beste te gee – om vorentoe toe te kyk en met moed en deursetting elke dag te leef! Jy kan! Jy is nie alleen nie – GOD se Gees is in jou en gaan met jou waar jy ook al gaan. Hou moed! Kyk vorentoe en sien hoe jy alreeds die oorwinning behaal!

 Hou moed God gee ons krag om aan te hou

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant