60 Gelukkige Jare

60 Gelukkige Jare

Gansbaai Courant

 “Geloof, Hoop en Liefde,” is Vennette (79) Bleeker se antwoord op die vraag oor ‘n gelukkige huwelik van 60 jaar. Daarmee saam gaan haar eggenoot, Johan (84) se antwoord: “Werk voortdurend aan jou huwelik, skakel krapperigheid vinnig uit en bly getrou aan mekaar.”

Die egpaar het hul huweliksherdenking saam met vriende en familie eers met ‘n oggendtee gevier en daarna met ‘n gesellige aandete in die Great White House. Hulle is 60 jaar gelede op 25 September 1954 in die huwelik bevestig en het geen kinders nie. “Dit was ‘n ‘moet’ troue,” vertel Johan met almal se koppe wat geskok in sy rigting draai. “Ek het ‘n pos in Zambië gekry, waarby ‘n gemeubileerde huis ingesluit was en ek ‘moes’ trou om die huis te kon kry!” Die egpaar is reeds die afgelope 26 jaar Franskralers en woon in hul netjiese huis met die naam: “Inos Murin” en Johan sê dit is Frans vir “desperaat”. Johan is oorspronklik van Doringbaai naby Lambertsbaai in die Weskus. Hy begin sy vakleerlingskap as elektrisiën in 1948, verhuis na Zambië in 1954 en begin in 1957 by Eskom in Bellville werk. Daar werk hy vir 32 jaar tot en met sy aftrede in 1988. Vennette het vir 30 jaar by die Bellville munisipaliteit gewerk en ook in 1988 afgetree, waarna hulle na Franskraal verhuis het.

“Familie en vriende hou aan ons moet Kaap toe verhuis om nader aan almal te wees, maar daarvoor is ons te gelukkig hier in Franskraal,” sê Vennette. “Behalwe vir die gewone ‘ouderdoms’-kwale, is ons dankbaar dat ons steeds in goeie gesondheid verkeer.”

Hardus Botha

60 Gelukkige Jare

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant