Na alles moet ons HOOP he

Na alles moet ons HOOP he

Gansbaai Courant

“Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees. ”Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was en dat Sara te oud was om kinders te hê, het sy geloof nie verswak nie. Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van GOD nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan GOD die eer gegee.”  (Rom 4:18-20)

Die dag as jy hoop opgegee het, is alles verby. As jy niks het om na uit te sien en glad nie meer hoop vir die toekoms oorhet nie, is jy dood. Ons kan baie by die plaaslike vissermanne leer oor Christelike hoop. Dis mos baie beter om met hoop te hengel as om vis te vang, is dit nie? Elke keer wat ’n visserman ’n trae byt kry raak hy optimisties.  Vra net vir ’n visserman of hy al iets gevang het en hy sal jou gou antwoord:  “Wag net ’n bietjie! Ek dink ek voel iets!” As die lyn dan slap word sê hy: “Toemaar, hy sal weer kom!” Ja-nee, ’n visserman het altyd hoop!

Het jy geweet dat jou gees totaal en al afhanklik is van hoop?  Jy kan dalk 40 dae sonder kos bly, 8 dae sonder water, 7 minute sonder suurstof – maar nie één minuut sonder hoop nie! Sonder hoop het jy geen verwagting vir die toekoms nie; geen begeerte na ’n beter môre nie en geen geloof dat die volgende gooi ’n “grote” gaan oplewer nie.

Die Bybel sê dat die Christelike lewe gebou is op hoop. Daar bestaan nie iets soos ’n hooplose Christen nie. “U, HERE, U is my hoop, op U, HERE, het ek van jongs af vertrou.... ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof.”  (Ps. 71:5,14)  Dis met hoop dat gelowiges die toekoms aanpak – want hulle glo GOD en Sy beloftes. Soos Abraham, Moses, Josef, Dawid en ja, Jesus, moet ons op GOD vertrou en met hoop en verwagting uitsien na wat GOD nog in die toekoms vir ons gaan laat gebeur – alles ten goede! (Rom. 8:28).

Jy moet vandag kies – vir hoop! Kyk terug en sien raak hoe GOD elke oomblik van jou verlede gesorg het vir jou. Moenie dit vergeet nie. Kyk boontoe en sien raak dat GOD die hemel en aarde beheer. Kyk vorentoe en weet Hy het die toekoms in Sy Hand. Kyk rondom jou en jy sal sien GOD se engele is orals rondom jou. Kyk  na binne en weet dat jou geestesgesondheid gebou is op geloof, hoop en liefde!  Hou vas aan die hoop!

Na alles moet ons HOOP he

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant