Blommeprag met boodskap

Blommeprag met boodskap

Gansbaai Courant

Om jaarliks deur die kerkgebou van die NG-gemeente Stanford te stap en die blommeprag met boodskappe te aanskou, bly steeds ‘n voorreg. Vanjaar se tema was: “God, die Almagtige Skepper van Hemel en Aarde”, waarmee die professionele uitstalling ook begin. Eerste is die kraai, houtkapper, suikerbekkie, swaeltjie en uil aan die beurt. “Kyk na die kraaie, hulle saai en oes nie, hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls.” (Lukas 12:24)

Daarna val die klem op die skepping van plante, bome en blomme. Ook die kroon van God se skepping, die mens, met ‘n uitstalling van Suid-Afrika se nasionale voël, die kraanvoël, Jan Fiskaal (die laksman vir die val van die mens) en die valk (wat sy prooi listing vang soos Satan wat die mens in sy mag wil kry). “God se reddingsplan kom deur die ooievaar met die spreekwoordelike koms van ‘n baba, in hierdie geval die Seun van God wat gestuur is vir die vergifnis van sondes. Nog voorbeelde in die uitstalling is die visarend, reier, vink, spreeu en andere, met die Jan Groentjie as die simbolisering van: “Die liefde is nie jaloers nie”. Die pragtige arend (Deut 32:11-12, simboliseer God se Liefde, Beskerming en Leiding elke dag.

Hierdie realistiese uitstalling van blomme, fynbos en voëls met gepaste en relevante Bybelse boodskappe en Bybelse waarhede, was weer eens ‘n lus vir die oog om te aanskou en voedsel vir die siel. Elke besoeker moes eenvoudig die rustigheid in die kerkgebou tussen die blommeprag aanvoel.     

Hardus Botha

Blommeprag met boodskap

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant