OMR hanteer talle noodgevalle

OMR hanteer talle noodgevalle

Gansbaai Courant

Overstrand Medical Response (OMR) se paramedici moes die afgelope naweek behoorlik bontstaan om verskeie ernstige ongelukke en lewensbedreigende mediese gevalle te hanteer.

"Ek het vanaf Vrydagaand tot vanoggend nog net 5 uur slaap ingekry," het Riaan Buys, Maandagoggend gesê. Daar was 4 ongelukke in Gansbaai en twee in Bredasdorp wat deur OMR se Cassie Carstens, Riaan en Steven Breytenbach hanteer is. Verder is 'n hartaanvalpasiënt asook 'n beroertepasiënt gestabiliseer en na die Medi Clinic in Hermanus geneem.

Die eerste Gansbaai voorval was 'n bakkie wat op Saterdag om 14:40 op die draai net anderkant die Uilkraalmondbrug in die rigting van Pearly Beach gerol het. Vyf mans van die Kaapse Vlakte is op die toneel vir ernstige beenfrakture en rugbeserings behandel. Terwyl hul nog op die toneel was, is hulle uitgeroep na 'n ongeluk waar 'n 15-jarige seun op 'n plaas naby Franskraal Karavaanpark van 'n motorfiets geval het. Die seun het 'n rugwerwel gekraak en is na Hermanus Medi Clinic geneem. Saterdagnag om 02:15 is hulle uitgeroep na die getypoel by Perlemoenbaai. 'n Motor het daar op die rotse beland en uitgebrand. Die polisie het mnr Pieter Bekker op sy regtersy op die rotse daar naby kry lê. "Sy regterbeen onderkant die knie het ernstige graad 3 brandwonde opgedoen. Hy is gestabiliseer en na Hermanus geneem en oorgeplaas na Worcester," het Riaan gesê. Bekker is getroud met Elsa le Roux, skoonheidsterapeut.

Volgens Buys was daar Sondagoggend om 11:00 in Afsaalstraat, Pearly Beach nog 'n motorfietsongeluk wat hulle nie kon bywoon nie omdat hulle met 'n ander noodgeval besig was.

Francois de Jongh

OMR hanteer talle noodgevalle

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant