Pieterpiet Charlie groet Gansbaai

Pieterpiet Charlie groet Gansbaai

Gansbaai Courant

Pieterpiet / Charlie Nowers (byna 80, want hy wil tog só graag 80 word!) van Gansbaai Woonwapark het besluit dit is tyd om Gansbaai te groet. “Ek tree nie af nie en ek gaan nie met pensioen nie, dus kan jy eintlik sê ek gaan in Lewendige Memoriam na Stilbaai!” sê Charlie.

Hy en sy getroue mede-werker en eggenote, Liz (71) gaan in ‘n huis in ‘n sekuriteitskompleks in Stilbaai van Liz se dogter, Sandra Viljoen en haar eggenoot, Jan van Klerksdorp woon. Hulle verhuis op Vrydag, 31 Oktober 2014 en tydens die onderhoud met Gansbaai Courant moes die gesprek kort-kort gestaak word oor die emosies wat net té veel vir hom geraak het. Alles het net op een ding heengewys: die absolute getrouheid, liefde en lojaliteit waarmee hy sy bestuurstaak vir die afgelope 22 jaar in die karavaanpark uitgevoer het. Met verwysing na sy kwalifikasies het Charlie gesê hy het ‘n “Meestersgraad” aan die “University of Life” behaal en met verwysing na sy beroepsjare beskou hy homself as ‘n “Sigeuner - rondreisende” beroepsmens.

Charlie se betrokkenheid by die Gansbaai karavaanpark sluit moeilike jare in waar hy self kruiwa gestoot het en pik en graaf gebruik het, “maar dít alles het my as mens net tot voordeel gestrek.” Gedurende 2012 was Charlie die maandwenner (September 2012) van die Gansbaai Sakekamer se Voortreflike Dienskompetisie. Hy was ook vir etlike jare ‘n aktiewe boothengellid van die Birkenhead Boothengelklub. Die skildery wat Charlie en Liz op die meegaande foto vashou, het emosionele heimweë laat opduik. Die skildery is van ‘n foto van Gansbaai Hawe in 1938 wat in 1995 deur Pieter Swart geskilder is. Charlie sê om te groet is ‘n baie moeilike taak vir hom, daarom groet hy sy vriende en Gansbaai langs hierdie weg en, vir diegene wat hom graag wil kontak, sy selnommer is 072-100-7661.

"Ek is trots op my Gansbaaibloed en en beskou myself as 'n ambassadeur vir Gansbaai, al gaan ek nou na Stilbaai,” is Charlie se afskeidswoorde. 

Hardus Botha

Pieterpiet Charlie groet Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant