Tussenverkiesing

Tussenverkiesing

Gansbaai Courant

Coenie Groenewald, Munisipale Verkiesingsbeampte vir Overstrand, het by navraag gemeld dat die tussenverkiesings in wyke 2 (Gansbaai), 5 (Zwelihle) en 7 (Sandbaai) op Woensdag, 26 November 2014, plaasvind. 

Die afsnydatum en -tyd vir die indiening van nominasies vir kandidate in die tussenverkiesings is Maandag, 3 November 2014 om 17:00.  Die lys van goedgekeurde wykskandidate sal op 10 November 2014 bekendgemaak word. 

Nuwe kiesers in die betrokke wyke het die geleentheid om op 18 en 19 November 2014 (vanaf 08:00 tot 17:00) by die onderskeie stemlokale in die betrokke wyke, of daagliks gedurende gewone kantoorure by die OVK se plaaslike kantoor te Kantoor 4A, Twin Gables, Hoogstraat 26, Hermanus (Tel nr:  028-312 1464/5), te registreer.  Die betrokke kieserslyste sluit op Vrydag, 24 Oktober 2014 om 17:00. 

Kiesers wat om die een of ander rede nie op Woensdag, 26 November 2014, by die onderskeie stemlokale kan gaan stem nie, kan om 'n spesiale stem aansoek doen.  Sodanige kiesers kan dan op Dinsdag, 25 November 2014, hul stem by die onderskeie stemlokale uitbring.  Kiesers wat van weë 'n gebrek of fisiese ongesteldheid nie die stemlokale op 26 November 2014 kan besoek nie, kan ook om 'n spesiale stem aansoek doen en sal deur OVK personeel op Dinsdag, 25 November 20147, tuis besoek word sodat hul hul stemme kan uitbring.  

Aansoeke vir spesiale stemme kan vanaf 8 November 2014 tot 14 November 2014, om 17:00, by die plaaslike kantoor van die OVK ingehandig word.  

Coenie Groenewald

Tussenverkiesing

Coenie Groenewald

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant