GreenSmile Foundation troef provinsies

GreenSmile Foundation troef provinsies

Gansbaai Courant

Die springbok, Ashwin Willemse se Greensmile Foundation het vanaf 5-9 Oktober 2014 'n 0/15 Greensmile Uitnodigings Span na die SA Rugby Legends se jaarlikse Iqhawe Nasionale Ontwikkelings Rugby Toernooi in die Kaap gestuur.

Die spelers is gekies vanuit die 8 Greensmile skole in die Overberg, nl Swartberg, Emil Weder, Groenberg, Hawston, Villiersdorp, Albert Myburgh, Gansbaai Akademia en De Rust Futura. Hierdie span het egter almal verbaas en het die toernooi onoorwonne afgesluit nadat hul die ontwikkelingspanne van die Leeus, Bulle en die OP geklop het. Wat hierdie prestasie nog meer indrukwekkend maak is die feit dat hierdie spelers uitgeval het by die Boland proewe, en as n streek span teen volwaardige uniespanne gekompeteer het, nadat Natal onverwags onttrek het.

Die span het ook algehele 3de plek behaal uit n totaal van 14 spanne. Die span is afgerig deur die Gansbaaier, Danver August, wat verbonde is aan die Overstrand Munisipaliteit se afrigtingsprogram by Gansbaai se gemeenskaplike sportgronde. Drie leerders van Gansbaai Academia is in die span opgeneem, Jonathan Martin (8), Donnadue de Villiers (10) en Wimpie van Dyk (1).

Die bestuur van die Greensmile Uitnodiging Span wil graag die ouers bedank vir hul bydrae, asook die borge, nl: Afc, Mnr& Me Paul de Villiers,Robert Hendricks, Louis Jordaan, Ray Moore, Genadendal Rugby Klub,  wat n bydrae gelewer het tot die sukses van die jong span. Baie dankie ook aan die skole wat hul onbaatsugtige ondersteuning gee aan die Greensmile Foundation.                            

Francois de Jongh

GreenSmile Foundation troef provinsies

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant