Oranje vir Scattered Links

Oranje vir Scattered Links

Gansbaai Courant

Die Gansbaailede van Scatteredlinks, Overberg Chapter se jaarlikse liefdadigheidsprojek skop vanjaar sommer vroeg-vroeg af. Helder oranjekleurige kartondose sal in etlike besighede in die dorp opgemerk word. Welkome donasies soos nie-bederfbare voedsel, toiletware, speelgoed, kleertjies of wat-ookal kan tydens inkopies daarin geplaas word.  “Kontantdonasies vir die aankoop van sodadige items sal ook verwelkom word,” sê Juanita Maree, een van die organiseerders. Die bekende motorfietsklub se voorsitter is Pieter Maree en hulle beplan om die inhoud van die kartondose gedurende die week voor Kersfees in Gansbaai onder alle gemeenskappe met hulle motorfietse uit te deel.

Jaarliks het hierdie optrede van hulle vir buitengewone opwinding onder die kinders gesorg en daar kon ook groot-oog na die blink ysterperde gekyk word en selfs voel hoe dit voel om opgelaai te word. “Ons vertrou dat ons net soos in die verlede wonderlik deur die publiek ondersteun sal word, aangesien die behoefte vir hierdie donasies onder alle gemeenskappe in ons dorp baie groot is,” sê Juanita. Die klub se e-pos adres vir navrae is scatteredlinks.overberg@gmail.com. Navrae rakende donasies, die oranjekleurige kartondose en die prosedures rakende die projek, kan aan Wilna by 072-109-8728 gerig word, of skakel Juanita Maree by 083-665-5341.

Hardus Botha

Oranje vir Scattered Links

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant