Chomps vir Borskankerpretstap

Chomps vir Borskankerpretstap

Gansbaai Courant

 “Al het die weer nie saamgespeel nie, het die positiewe deelnemers vanjaar se Franskraal pretstap ten bate van ‘Reik na die Herstel’ bewys dat mense werklik omgee,” vertel Annaleen Genade, organiseerder van die pretstap op 16 Oktober 2014. Gelukkig het die reën met die terugstap bedaar en die deelnemers kon die saamkuier en prysuitdeling geniet.

Elke deelnemer het ‘n Chomp met die komplimente van Gansbaai Superspar ontvang: “CHOMP - Christus Help Ons Met Probleme”. Met Chrizülene van Niekerk se pienk- en groen getooide bome in Hoofstraat is Borskankermaand nog vars in almal se geheue. Annaleen het die deelnemers kortliks oor enkele borskanker-aspekte ingelig. Hulle is daarvan bewus gemaak dat pasiënte met borskanker deur ‘n Vrywilliger in die hospitaal of tuis besoek word. Behalwe vir die ondersteuning, ontvang elke pasiënt die volgende gratis items: dreinsakkie, kussinkie vir onder-arm, oefensponsie, tydelike “softee”, inligtingsboekie en brosjures met inligting oor moontlike behandelings wat kan volg na ‘n mastektomie. 

“Hierdie hulpmiddels word deur die Vrywilligers self gemaak en alle fondse wat ingesamel word, word daarvoor gebruik, asook om literatuur te laat druk en om die Ditto Projek (gesubsidieerde silicone prostese) aan pasiente te verskaf,” vertel Annaleen.

Gelukkige prystrekkings kon met die samewerking van die volgende borge plaasvind: Bon-Bon Materiale (pienk strikkies), Corra’s Klerewinkel (geskenkbewys), Gansbaai Book Exchange (geskenkbewys), Gansbaai Superspar (Chomps), Franskraal OK Value (geskenkbewyse), Pancake House & Chicken Land (geskenkbewys) en Protea Flora Bloemiste (blommeruiker).

“Baie dankie ook aan Gansbaai Courant vir die gratis publisiteit,” sê Annaleen. “Op spesiale versoek van werkende persone sal ons vir volgende jaar ‘n Skemerstap oorweeg.”

Vir meer inligting rakende die plaaslike Vrywilligers van Reik na Herstel Borskankerondersteuning Organisasie se Annaleen Genade by 072-523-0650 of Andriette Bruwer by 071-543-0904 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan Annaleen by annaleen.genade@gmail.com.

Hardus Botha

Chomps vir Borskankerpretstap

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant