Lugplant blom na 28 jaar

Lugplant blom na 28 jaar

Gansbaai Courant

Die Tillandsia aeranthos van die plantfamilie Bromeliaceae is ‘n tropiese plant van Amerika, met algemene name soos die Lugplant, Ball moss en Spanish moss. Mary Badenhorst van Germishuysstraat, Gansbaai besit haar plant al vir die afgelope 28 jaar. Eers vir 23 jaar in Stompneusbaai en vir die afgelope 5 jaar in Gansbaai. “Die plant het nog nooit geblom nie, maar is vanjaar onverwags oortrek met die pragtigste pers blomme,” sê sy. “Selfs van ons bure wat die plant ken, sê hulle het die plant nog nooit in blom gesien nie.” Die plant “hang” letterlik aan ‘n paal en gebruik die wortels bloot as “ankers”, aangesien dit geen grond of bemesting benodig nie. Die ideale omstandighede vir die plant is gewoon suiwer lug, helder lig en indirekte sonskyn, met water en voeding wat deur die blare geabsorbeer word. Dit is ‘n immergroen plant, maar dit gebeur soms dat die blare van groen na rooi verkleur kort voordat dit begin blom.

Hierdie verskynsel is ‘n indikasie dat die plant slegs eenmaal blom alvorens dit tot niet gaan (monocarpic), maar hierdie lugplant bly wel voortleef. Alhoewel hierdie plante nie as “blommende” plante bekend is nie, blom sommiges wel op ‘n gereelde basis. Indien die plant binnenshuis aangehou word en die lug is baie droog, moet dit minstens elke twee weke vir 2 tot 3 ure in water gedruk word. Interessante inligting wat bekom is, dui op die volgende: “Tilladsia is a primary ingredient in a herbal supplement to treat pollen allergies.”             

Hardus Botha

Lugplant blom na 28 jaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant