Gansbaai Courant

Blog: Top 10 Atletiek

Published: 30 October 2014
By:Hardus Botha

 ‘n Groep atlete van Laerskool Gansbaai het op Vrydag, 17 Oktober 2014 aan die Top 10 Atletiek byeenkoms in Bredasdorp deelgeneem.  Ons leerders het baie goed presteer, alhoewel die kompetisie vanjaar baie sterker was as in die verlede.  Laerskool Gansbaai het ‘n algehele 3de plek verower uit die 6 skole wat deelgeneem het (hierdie skole het elkeen ‘n getal van 500 of minder leerders).

Baie geluk aan elke afrigter en leerder met hierdie prestasie en baie dankie vir u elkeen se betrokkenheid!

Die atlete op die foto hiernaas se uitslae was as volg:

0/13D:   Jurinda Martin (2de – Verspring, 3de – Hoogspring, 3de – Spiesgooi, 5de - 75mH); Mari Carstens (5de – Spiesgooi, 6de – Gewigstoot);  Jaun-Mari  Booysen (7de - Gewigstoot); Jannika van Niekerk (5de - Diskus); Mart-Mari Koekemoer (6de - Diskus);

0/13S:    Christiaan Groenewald (7de - Diskus)

0/12D:   Niveena Jantjies (2de – Spiesgooi, 4de – Gewigstoot, 5de – Diskus);  Fiona Fourie (3de – 100m; 4de – 75mH)

0/12S:    Niel Engelbrecht (2de – Diskus, 3de – Gewigstoot); Pieter du Toit (5de – Verspring); Jacques Augustyn (6de – 1200m)

0/11D:   Marzhan Roux (4de – 70mH, 6de – Verspring); Caitlyn Otto (6de – 1200m)

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...