Amper tyd vir groot aksie

Amper tyd vir groot aksie

Gansbaai Courant

Daar word wel kabeljou gevang en by Holbaai is daar mooi visse aangekeer, en ook heelwat kleintjies, en die voorspelling was dus reg dat hulle die jaar vroeg hulle verskyning sal maak. Maar die werklike aksie is nog om die draai!

Daar sal baie mense wees wat dit as doodnatuurlik ervaar dat die end van die jaar maar hulle tyd is en geen verdere aandag daaraan sal spandeer nie. Maar dink so bietjie  --  waarom juis die end van die jaar? Wat maak so ‘n verskynsel so ‘n jaarlikse gebeurtenis? Is dit maar hulle tyd? Ek het ook daaroor nagedink en probeer om ‘n antwoord daarvoor te vind. En wanneer jy die volgende verklaring lees sal jy dit seker as  “nou ja, dis mos logies, hoekom maak die man so ‘n groot storie daarvan?” as vanselfsprekend aanvaar.

So is my redenasie  --  die winter is verby, die somer is op ons, en dis die tyd vir die suidooswinde, en hierdie winde met die regte temperatuur veroorsaak die kleurwater. Dít weer is waarvoor die kabeljou wag en in hierdie water word hulle gehengel. Gaan kyk maar hoe lyk die see en die kans is goed dat dit kabeljouwater sal wees. En soos die dae aanstap, so verbeter toestande en so word ook meer vis gevang. Logies, nê! Wat my egter nog steeds dronkslaan is waar is die vis, of waarheen is hulle wanneer die water nog nie reg is nie? Ek kan nie glo dat hulle heeltemal gee pad nie. Die baie kleintjies wat nou gevang word is mos deur groter vis uitgebroei, en waar is hulle dan, intussen? Ek voorspel weer eens dat daar ‘n tydjie op ons wag dat nie net kabeljou nie, maar ook  ander visse gaan sorg dat ons ‘n goeie tyd op en langs die water gaan hê. Lekker by die see!

Opsomming NOVEMBER 1999-2013

1999. PW’s, 1 rooisteenbras, witstompies, hotties, kreef. *Ander bote vang geelbek.

2000. Baie geelbek. Kreef

2001 Geen rekord (Nov.)

 2002. Hotties, baie geelbek, roman.

2003. Geelbek, hotties, kreef. *Ander bote vang tjokka, roman.

2004. Roman, hotties, kabeljou, kreef, geelstert

2005. Kreef, hotties, roman, kabeljou.

2006. Hotties, kreef, snoek.

2007. Roman, hotties, klein kabeljou.

2008. Silwervis, hotties, roman, kabeljoutjies, elf.

2009. Baie hotties, geelbek, roman, haai. *Ander bote, tjokka, kreef.

2010. Geelbek, roman, PW’s (1 van 3,45 kg.), kreef, snoekies, 25 rooisteenbrasse (almal ondermaat).

2011. Hotties, roman, heelwat geelbek.  Kabeljou, haai.

2012. Hotties, snoek, geelbek, kabeljou, roman.

2013. Roman, silwervis, hotties.

Groete, Seemeeu

Amper tyd vir groot aksie

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant