Skrif aan die muur

Skrif aan die muur

Gansbaai Courant

Die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse kompetisie op 11 Oktober 2014 was met die King of the Bay Boothengelkompetisie gekombineer. Die Birkenheaders was die gasheerklub en het ook die King of the Bay Wisseltrofee gewen. Terselfdertyd het die kompetisie ook as interne kompetisie vir die Birkenheaders gedien. Net drie van Birkenhead Boothengelklub se bote, met ‘n totale bemanning van 9 het ingeweeg, met een wat probleme op see opgedoen het en ‘n bydrae van slegs 1.8kg kon lewer. 5 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 51 met 'n totale massa van 74.32kg, wat ‘n gemiddeld van 8.26kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg:

swaarste vis, Lulof Doyer (Geelbek - 5.55kg);
2de swaarste vis, Johan Burmeister (Geelbek - 5.45kg);

swaarste sak, Lulof Doyer (4 spesies - 23.92 punte);
2de swaarste sak, Johan Burmeister (3 spesies - 20.46 punte);

swaarste bootgemiddeld, Nu-Nu van Johan Burmeister (5 spesies - 24.61 punte);
2de swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (2 spesies - 7.52 punte).

Dame swaarste sak, Dixie Walsh (2.40 punte).

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is:

Bootkampioen - Nu-Nu van Johan Burmeister (72.69 punte);
Relêks 2 van Jean Downing (39.80 punte);
Laura 2 van Raymond Rabe (26.30 punte).

Mans Visvangkampioene -
Johan Burmeister (65.28 punte);
Jean Downing (39.62 punte);
Jean Downing (39.26 punte);

Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (17.26 punte).

Dus blyk die skrif aan die muur te wees vir die einde van die jaar se prysuitdelingsfunksie. Die klub se Algemene Jaarvergadering is vir Vrydag, 14 November 2014 bepaal en die Jaareindfunksie en prysuitdeling vir Saterdag, 15 November 2014.

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister (wedstrydsekretaris) by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634.

Hardus Botha

Skrif aan die muur

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant