In Memoriam Sylva van Zyl

In Memoriam Sylva van Zyl

Gansbaai Courant

Susara Johanna Magdalena van Zyl, beter bekend as Tannie Sylva, is op 17 Oktober vanjaar in die ouderdom van 91 jaar oorlede.

Sylva was allerweë bekend in haar huis met die mooi tuin in De Kelders, waar sy tot en met ‘n hoë ouderdom nog self in die tuin gewerk het en motor bestuur het. Sowat 4 jaar gelede het sy (aanvanklik teen haar sin) by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes ingetrek, maar het vinnig aangepas. Sy was ‘n entoesiastiese deelnemer aan HaS se sportdae, speletjiesdae en ander aktiwiteite en het seker gemaak sy mis nooit ‘n funksie wat deur die Goue Hande aangebied is nie. Sy het getrou Vrydae na die Woekermark gestap vir ‘n teetjie en gesprekke met almal aangeknoop. Sy was ook sedert die stigting van die Gansbaai Seniorklub, of die “Sienerklub” soos sy dit genoem het, ‘n getroue en aktiewe lid. Sy was ook baie lief vir Gansbaai VLV, asook die Bietoubos Damesklub en Dinsdae was dit “Rummy” by Tannie Hanneleen.

Sylva is op 17 Junie 1923 in Swellendam gebore. Op 22 Maart 1947 is sy met wyle Willie in Worcester in die huwelik bevestig. Net een dogter, Rina, is uit die huwelik gebore. Rina is met Manie Maree getroud en die egpaar het twee kinders, Wilhelm (32) en Jeanne (27). Sylva het vir etlike jare by Willie Swart se winkel op Gansbaai gewerk en later ook by Worcester se Edgards, voordat sy weer na Gansbaai teruggekeer het. Hulle huis in De Kelders is aanvanklik as ‘n vakansiehuis gekoop terwyl die egpaar in Worcester gewoon het. “Mamma was ‘n liefdevolle moeder en ouma en haar kleinkinders was haar alles,” vertel Rina. “Sy het egter ‘n wil van haar eie gehad en kon maar moeilik wees wanneer nodig.” Rina sê wanneer Sylva aan ‘n hoed vir ‘n kompetisie kon werk, was sy in haar element. Sylva se roudiens was op 21 Oktober 2014 deur dr Bobo van Zyl vanuit die NG Kerk Gansbaai waargeneem.

Hardus Botha

In Memoriam Sylva van Zyl

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant