Leesgierigheid aangemoedig

Leesgierigheid aangemoedig

Gansbaai Courant

Gansbaai Biblioteek het weer eens ‘n daadwerklike poging aangewend om kinders leesbewus te maak. As ‘n Leesprojek is goed-ontwerpte en verstaanbare vorms aan kinders uitgedeel. Daarin is gevra wat is hulle voorkeure van boeke wat hulle graag wil lees en wat is hulle oogmerke. Vyf van die vorms is terug ontvang - elk met minstens 10 boeke met die skrywers se name en in die kinders se handskrif. “Die doel van hierdie projek was maar net weer eens om kinders aan te moedig om meer gereeld te lees en die biblioteek te besoek,” sê Sharman Geldenhuys, Bibliotekaris. Die 5 leesgierige jongelinge (alfabeties) is: Carry-Ann Visagie (Gr 6), Faith Adams (Gr 5), Lukhanyo Mtiki (Gr 4), Mikayla Herselman (Gr 2) en Nicole Schutte (Gr 1). Elkeen het ‘n pragtige “Sertifikaat vir Lees” ontvang, asook ‘n geskenk-pakkie met ‘n leesboekie, skryfbenodigdhede en ietsie om te eet. 

Kennis moet geneem word dat Gansbaai Biblioteek op Vrydag, 14 November 2014 en Donderdag, 27 November 2014 gesluit sal wees. Dit is as gevolg van boekewa-besoeke deur die Wes-Kaapse Biblioteekdiens. “Ons vra om verskoning vir enige ongerief as gevolg van hierdie reëlings,” sê Sharman. “Boetes sal nie gehef word vir die geslote dae nie.” Indien lede se boeke gestempel is vir die betrokke dae, sal die datum met een dag aangeskuif word en indien hulle nie betyds by die biblioteek kan uitkom nie, kan die biblioteek telefonies gekontak word.  

Gansbaai Biblioteek se gerieflike bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30 en hulle kan by 028-384-8300 vir navrae gekontak word.

Hardus Botha

Leesgierigheid aangemoedig

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant