Gansbaai Courant

Blog: Koue doop vir Gr 7s

Published: 06 November 2014
By:Hardus Botha

 “Die toer was ‘n belewenis wat nie een van ons ooit sal vergeet nie,” vertel Sonja Louw en Amy Hatting van Laerskool Okkie Smuts se Gr7’s.

“Die ‘doop’ as ‘De Denners’ onder die yskoue waterval, die massiewe groot olifante, die waterwêreld, slangpark, kanovaart en ‘Zip lining’ was alles net een groot belewenis.” Hulle sê dat hulle nooit gedink het ‘n uil sal op hulle hande kom sit nie en dit is presies wat gebeur het. Dan vertel hulle dat die Gr 7’s baie by die Martieme museum oor die karveel (snelseilende vaartuig) geleer het en by die ATKV museum oor die Voortrekkers.

Volgens hulle was daar nie ‘n enkele vervelige oomblik tydens die toer nie. “Baie dankie aan al die mense wat die toer vir ons moontlik gemaak het - die herinneringe sal saam met ons oud word!”

Hardus Botha

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...