Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Courant

Die gholfkomitee en die spelers dink  aan die volgende lede wat tans baie siek is.

Jan Fouche en James Scholtz. Julle is in ons gebede. Ook wens ons Jeanette Bent voorspoed toe met haar operasie en 'n spoedige herstel.

Vrydagaand se steakhouse was uit die boonste rakke.

Stel jou voor: Christo Oosthuizen van Naboomspruit wen 'n bottel whisky in die trekking. Hy skenk dit terug en dit word opgeveil. Die bod word op Freddie Engelbrecht toegeslaan teen R500. Hy skenk dit terug en die tweede bod word weer teen Christo toegeslaan vir R400. Terug kom die bottel en uiteindelik wen Dave die bottel vir R200. Hoe's daai vir inflasie? R1100 vir 'n bottel wat R90 gekos het. Die R1000 trekking is deur Leon Hattingh gewen. Baie geluk!!!

Verjaarsdae hierdie week

Geluk aan  R Striene en J De Goede wat altwee op die negende verjaar.

Woensdag Sloegters 29 Okt

Na 'n baie groot operasie sien ons dat Pieter Loubser terug  is by ons en hoe? Hy wen die kompetisie met 40 punte. Dit wil gedoen wees. Tweede en derde was Sextus Neethling en Steve Muller, albei met 40 punte. George Hunt het gevolg met 39 punte. Gina Esterhuizen en Lambert Smithh daarna met 38 punte. Naaste aan die penne: Solly Wessels, Christo Spanellis en Daan Victor. Net een Spogtwee: Solly Wessels.

Vrydag Hoenderkompetisie 31 Okt

1. Johan Kruger 20 (wen die OK voucher)

2. Leon Hattingh 19

3. Charlie Bent  19

Saterdag 1 Nov  Betterball

Hierdie dag was deur OLOF BERGH geborg en wat 'n sukses was dit nie. Ons kan vir Keith nie genoeg bedank vir sy pragtige gebaar om hierdie dag vir ons so 'n sukses te maak nie. 

1. C Bent en J Nell                    48

2. J Thompson en R Brandt   45

3. Stella Swart en R Jerrard    44

4. J Beukes en A Roos            43

5. B Swart en S Muller              42

Naaste aan die Penne: Charlie Bent (2) en George Hunt. Charlie Bent het ook 'n spogtwee gehad. 

Jannie

GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441
                              Fax: 028 384 1225
E-mail:
gbgholf@gmail.com

Gansbaai Gholfnuus

Jannie Brandt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant