Bedrywige Toerisme Buro

Bedrywige Toerisme Buro

Gansbaai Courant

Eerskomende Vrydag, 14 November, is dit die hoogtepunt van die MOG-groep (ou Morgan motors) se besoek aan Gansbaai, wat gister (Woensdag) reeds begin het. Die groep van 18-20 Morgan motors gaan by Stanford’s Cover om 09:45 bymekaarkom, waar hierdie pragmotors besigtig kan word. Daarna ry hulle na Gansbaai hawe vir ‘n foto-sessie, maar hulle het ook reeds goedkeuring ontvang om deur die dorp te ry.

Inwoners wat op daardie stadium in Hoofstraat is, kan gerus vir die groep wuif om hulle welkom te laat voel. Dan is dit ook weer tyd vir die Toerisme Buro se jaarlikse tuinkompetisie in Blompark onder leiding van die Komiteelid, Katrina Adams. Die pragtige getal van 20 inskrywings vir die kompetisie is ontvang, wat beslis kopkrappers vir die beoordelaars sal wees. Die beoordeling van die tuine sal op Woensdag, 19 November 2014 om 16:00 plaasvind. Belangstellendes kom om 16:00 almal op die groot parkeerarea van Gansbaai Academia bymekaar. Dit sal dien as goeie motivering vir toekomstige deelnemers indien belangstellendes die tog, of gedeelte daarvan, na die onderskeie tuine sal meemaak, maar spesifiek dan besoeke aan die drie wenners se tuine na afloop van die beoordeling om te sien hoe die “wentuine” lyk.

‘n Jaarlikse “groot oomblik” hierdie tyd van die jaar is natuurlik die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies op Vrydag, 5 Desember 2014, wat ook deur die Toerisme Buro, in samewerking met die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, gereël word. Die geleentheid gaan weer gesellig en met lekker saamkuier gepaard gaan. Daar sal stalletjies wees, kunstenaars sal optree en om ±20:15 sal die groot oomblik aanbreek: Die amptelike aanskakeling van die Kersliggies wat ‘n trots vir Gansbaai geword het met die geweldige uitbreidings daarvan wat oor jare heen deur die munisipaliteit bewillig is.

Navrae oor die aand se program kan aan Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 of 072-291-5564 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net.

 Hardus Botha

Bedrywige Toerisme Buro

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant