Kilimanjaro vir kleuters

Kilimanjaro vir kleuters

Gansbaai Courant

 “Almal van ons het ‘n lewensberg om uit te klim, maar kleuters soos hierdie klim ‘n berg soos Kilimanjaro sedert hulle geboorte,” sê Sandra Wessels, skoolhoof van die Christelike Speelskool vir Plaaskinders, Môresterretjies Pre-School op die plaas Morgenster buite Durbanville.

Sandra is die dogter van Pieter en Dalena Wessels, bekende inwoners van Kleinbaai. Die kleuters is na aan Sandra se hart en sy het in Desember 2013 op die idee besluit om Kilimanjora as ‘n fondsinsamelingsprojek vir die skool se jaarlikse voedselrekening aan te pak. Haar vriendin, Melinda du Plessis (40) was opgewonde oor die plan en het besluit om die uitdaging saam met Sandra aan te pak. “Die wiele is aan die rol gesit en die groot uitdaging sal vanaf 16 tot 23 Desember vanjaar deur ons aangepak word,” sê Sandra. Sy het ‘n uiteensetting van koste opgestel, asook ‘n doelwit-bedrag vir die voedselrekening vir die volle 2015.

Die ondersteuning was oorweldigend en tans beloop die ingesamelde bedrag R92,000, wat die volle voedselrekening vir 2015 dek, asook reeds die helfte van 2016 se rekening, wat ‘n puik prestasie is. Hulle doelwit is R5,895 vir elke kind, wat deur die hoogte van Kilimanjaro (5,895m) geïnspireer is. Die skool se ontstaan is te danke aan die eienaar van die plaas Morgenster wat uit dankbaarheid vir die genesing van sy jong seun die inisiatief aan die dag gelê het. Sy inisiatief, in samewerking met Badisa, het in September 2009 gerealiseer en die skool is in Januarie 2010 geopen, met Sandra, ‘n gekwalifiseerde onderwyser as skoolhoof. Die skool, wat intussen van krag tot krag gegroei het, word deur Badisa bestuur.

“Ons het die kleuters deel van ons beplanning gemaak om geïnspireer te word om hulle eie lewensberge so hoog soos Kilimanjaro uit te klim,” vertel Sandra. “Daarom het ons, as deel van ons voorbereiding, die kleuters vir die afgelope 7 maande ‘deel’ van die ekspidisie gemaak deur hulle op ‘oefen-stappies’ geneem, terwyl ons ook ‘n ‘visuele berg’ in die skool opgerig het.” Sy sê die belangrikste bly egter om aan die kleuters te demonstreer om hulle eie lewensberge met moed en durf aan te pak en om nooit tou op te gooi nie. Die twee dames het reeds goed geoefen vir hulle uitdaging en voel meer as gereed vir Kilimamjaro se berg met al die berge rondom hulle wat hulle gereeld uitgeklim het as deel van hulle voorbereiding.

Belangstellendes en/of voornemende donateurs kan vir Sandra Wessels by 076-788-9955 skakel, of stuur ‘n e-pos aan haar by sandrawessels1@gmail.com.

Hardus Botha

Kilimanjaro vir kleuters

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant