Rolbal Nuus - 13 November

Rolbal Nuus - 13 November

Gansbaai Courant

Die afgelope Saterdag was dit by Franskraal Rolbalklub weer die ene bedrywigheid toe die jaarlikse geborgde ope mans driespel kompetisie daar aangebied is. In totaal het 12 spanne meegeding om aan die einde van die dag as wenners uit die stryd te tree.  Ons borge vir die dag was Pam Golding eiendomme en Romansbaai ontwikkelaars.  Later meer oor ons borge.

Met besoekende spanne van Kleinmond, Hermanus en Greyton en uitstekende weer vir rolbal het die spanne opgedaag om die dag saam met rolbalvriende die pragtige dag te geniet.  Nadat ons President almal verwelkom het, is Ann van Niekerk aan die woord gestel om die spelvoorwaardes aan die spelers te verduidelik.  Die eerste twee rondtes is oor 12 koppe gespeel met die derde rondte wat oor 15 koppe sou plaasvind.  Vir die eerste rondte is spanne getrek om teen mekaar mee te ding en daarna is die wedstryde op 'n sterk teen sterk basis afgehandel.

Ware sportmanskap was aan die orde van die dag en die gees en wedywering tussen alle mededingers was waarlik iets om te aanskou. Aanmoediging onder spanmaats was aansteeklik en alle goeie skote is, in die gees van rolbal, deur opponente erken. Geen een van die spanne wou bes gee nie en die wenners kon, na intense wedywering, eers aan die einde van die dag bepaal word.  Daardie eer het aan 'n span van Kleinmond, met Jan Stubbe (skipper), Roy Galloway (tweede) en Johan Carstens (lei), van Kleinmond gegaan.  Tweede was die span van Mel Knox en derde die span van Tommie van Niekerk, albei spanne van Franskraal Rolbal Klub.  Baie geluk aan al die wenners.

Hierdie dag sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van ons gewaardeerde borge nie.  Ons hartlike dank dus aan Pam Golding eiendomme en Romansbaai ontwikkeling.  Hulle is tans besig met 'n promosie veldtog vir hul nuwe ontwikkeling in Romansbaai.  Hierdie pragtige ontwikkeling is aan die kus op pad na die Dangerpoint Lighuis.  Baie dankie vir jul wonderlike ondersteuning dit word baie hoog op prys gestel.

Om kompetisies soos hierdie aan te bied, sou nie moontlik gewees het sonder harde werk deur al die lede van Franskraal Rolbal Klub nie.   

Ons hartlike dankie gaan uit na elke klublid wat sy of haar deel bygedra het om van hierdie dag 'n reuse sukses te maak.  Julle geesdrif werk aansteeklik en ons eer julle daarvoor. Aan Una Conradie, een van ons getroue staatmakers, wat weer die onbenydenswaardige taak gehad het om die spanne te trek, die tellings te kontroleer én die wenners aan te wys, 'n woord van hartlike dank.  Tommie van Niekerk en sy helpers, Johan, Jaco, Roelof en Christopher wie weer vir ons die bane versorg en gereed gekry het vir spel, verdien vermelding.  Dankie manne vir julle harde werk. Dan aan Colleen Knox en haar span bestaande uit Lerina Ferreira, Sip Groenewald, Dalena Wessels en Madeline Janse van Rensburg wat ons mans bederf het met die heerlikste eetgoed deur die loop van die dag.  Die middagete wat julle vir ons voorgesit het was uitstekend. Baie dankie daarvoor.  Julle is waarlik wenners. Rolbalgroete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Rolbal Nuus - 13 November

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant