Overberg Kushengelnuus

 Overberg Kushengelnuus

Gansbaai Courant

Die Overberg Kushengelklub se hengelkompetisie op Saterdag, 8 November 2014 kan gewis met sukses geassosieer word.

“Die gesegde wat lui, The Early Bird catches the worm, is gewis waar,” sê Elba Tredoux van die klub. “Dit is weer eens bewys dat die manne wat bereid is om vroeg op te staan en ver ente te ry, met die oes beloon word.” Hierdie laaste klubkompetisie van die jaar is weer jolig gevier - met ‘n paar mooi visse wat ingeweeg is. Elba sê geen van die visse wat ingeweeg is, is rondom Gansbaai gevang nie. Die weer was reg, die see was mooi, maar die bekende gate rondom Franskraal/Gansbaai is maar leeg. “Blykbaar is die Gruis mooi oopgespoel, maar die vis het veel wyer as daar gewei.” Sy sê ook die klompie kabeljoue wat gevang is, lyk belowend vir die seisoen wat voorlê.

Sihan Toua het die grootste vis van die dag ingebring - ‘n steenbras van 3.5kg. Die tweede grootste vis, ‘n kabeljou van 2.84kg, is deur Wynand Viljoen gevang. Sihan het dan ook die swaarste sak van die dag gehad.

Die borge van die pryse vir die dag word weer eens van harte deur die klub bedank, naamlik: Liquor Land; Salon Janine; Fish Fever.

“Die gemeenskap en besoekers word hartlik uitgenooi na die jaarlikse groot Visvangkompetisie op Vrydag, 26 Desember 2014,” sê Elba.

“Pryse ter waarde van R30,000 is op die spel!” Elke span bestaan uit vier lede en vriende, skoonseuns- en dogters kan ‘n heerlike dag langs die viswaters kom geniet. Elba sê hierdie dag is nie net vir die goeie hengelaars nie, maar vir almal wat lief is vir visvang (al hengel jy nog net). Die klub wil graag voortbou op die suksesvolle kompetisies van vorige jare en nooi almal uit om deel te neem.

Inskrywings sluit op 23 Desember 2014. Vir meer inligting rakende hierdie groot dag kan Leibrandt van Niekerk, Wedstrydsekretaris, by 028-384-1333 gekontak word.                                                                 

Hardus Botha

 Overberg Kushengelnuus

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant