Skipbreuke langs die Strandveldse Kus

Skipbreuke langs die Strandveldse Kus

Gansbaai Courant

Een van die langste hoofstukke in die Gedenkboek oor Gansbaai en omgewing se geskiedenis sal seer seker dié een oor skipbreuke langs ons kus wees. Ons het nou reeds 50 opgespoor! Die navorsing is ‘n yslike (ken ‘n baie sterker woord!) werk, want jy moet minstens twee bronne met dieselfde inligting opspoor om die feite te verifieer.

Nogtans is dit ‘n baie bevredigende werk soos die onderstaande bewys.  Uiteindelik pas die stukkies inligting soos ‘n legkaart inmekaar.

Ellida                                    1888

Noorweegse bark – 309 tonnemaat – strand op 4 Junie 1888 in die omgewing van Danger Point.  Sy was met ‘n algemene vrag op pad van New York na Natal. Geen lewensverlies en ‘n groot gedeelte van haar vrag is herwin.

Die inligting uit Shipwrecks of the Southern Cape Compiled by J. Rawe & Crabtree.

Min of meer dieselfde inligting uit ‘n lys van skeepswrakke langs die kus van die Overberg Munisipale area, saamgestel deur SAHRA (South African Heritage Resources Agency).

Uit The Cape Argus van 9 Junie 1888 die volgende berig.

Accounts of shipping disasters during the late stormy weather still continue to come in. 

Fortunately the one reported in the following telegram is not so sad as that reported by the Drummond Castle last Tuesday morning –

“From the Civil Comissioner of Caledon to Collector of Customs, Cape Town:-

Norwegian ship Ellida wrecked, Danger Point. Captain Kristofferson; all hands saved. Bound from New York to Port Elizabeth. Ship likely to break up tonight. Cargo, general.”

The Ellida is a bark of 300 tons and cleared at New York on th 4th April last. The above telegram was posted up as the Commercial Exchange yesterday morning)

Die berig is deur Fred Serfontein opgespoor en nuuskierig soos hy was,  skryf hy aan Norsk Sjofart museum in Oslo.

Die museum antwoord (2 April 1993) o.a soos volg:

“We are afraid you gave us more information than we can return!

Elida was a barque built at Grimstad in 1885. She measured 309 tons. Owner Johan D. Havestadt, captain Th. Kristoffersen. Homeport Grimstad.”

Fred besorg die inligting aan Jan Fourie van die Strandveld Museum wat dit by sy versameling geskrifte voeg en meer as 10 jaar later kry die samesteller van Gansbaai se Gedenkboek die inligting onder hande.

Fred Serfontein, oud-Gansbaaier, is onlangs op Sandbaai oorlede.

Waarom die stukkie skynbaar irrelevante inligting?  Die nuukierige is ook ‘n navorser, mits hy of sy die inligting bewaar en deel met die gemeenskap.

Indien enige Gansbaaier nog inligting of foto’s oor die dorp en omgewing se verlede het, kontak Jan of SD by sdfourie@telkomsa.net of die plaaaslike Courant.

Skipbreuke langs die Strandveldse Kus

SD Fourie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant