Bags of Love

Bags of Love

Gansbaai Courant

“Bags of Love” beteken net een ding: Om uit dankbaarheid te gee wat jy het!

“Dit is weer daardie tyd van die jaar waar baie van ons die geleentheid kry om te gee uit ons oorvloed en in dankbaarheid vir die bietjie of baie wat ons het,” sê Heidi Kruger, Administra-tiewe Beampte van Gansbaai Badisa. Vanjaar het daar ‘n verskil ingetree: Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa) in samewerking met die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, asook Gansbaai Aanbiddingsentrum (onder leiding van past Frikkie Zeelie), wil dit graag moontlik maak vir mense om ‘n sak, “Bag of Love”, te vul met kruideniers-ware vir behoeftiges in die gemeenskap. Gansbaai Superspar het aangebied om geskenkpakke ter waarde van R120.00, wat onderstaande basiese kruideniers-ware bevat, op te maak en aan die organiseerders te oorhandig vir ver-spreiding aan behoeftige gesinne: 1kg rys, 1kg suiker, 26 pakkies teesakkies, 450g koffie, 400g grondboontjiebotter, 425gr pilchards in tamatiesous, 200g boksies soja-maalveis, 1kg stamp-mielies/meel, 500g gedroogde suikerboontjies, 1kg mieliemeel, 410g gebakte bone, 750ml kookolie, 500g sout en 750ml koeldrank.

“Ons vra dat individue, gesinne, besighede of skoolklasse / grade wat bereid is om ‘n sak te vul, besoek bring aan Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa kantore tussen Gansbaai Laerskool en die Pretoriussaal in Hoofstraat, Gansbaai), of om kontant-bydraes by die Gansbaai Superspar in te betaal,” sê Heidi. ‘n Spesiale rekening, "Bags of Love 2014", is vir dié doel geskep. Gesinne en individue wat by die projek baat sal vind, word deur al die betrokke partye geïdentifiseer en hierdie sakke sal dan vanaf 22 tot 24 Desember 2014 deur hulle in die gemeenskap versprei word waar die behoefte die grootste is. Hierdie sakke, gevul met liefde, sal verseker groot vreugde verskaf aan mense wat swaarkry in ‘n tyd waar baie van ons feesvier.

Kontak gerus vir Heidi Kruger vir verdere inligting by 028-384-0151.

Hardus Botha

Bags of Love

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant