Gansbaai Primer 2014 se Presteerders

Gansbaai Primer 2014 se Presteerders

Gansbaai Courant

Gansbaai Primêr se leerders het hulself deeglik op akademiese-, sport- en kulturele-vlakke gedurende 2014 bewys.

Etlike trofeë is oorhandig en daar was geen einde aan die trotse glimlagte nie. Vanaf Gr 1 deur tot by Gr 7 (alle klasse), is die drie beste presteerders op akademiese gebied uitgelig en met sertifikate vir hul harde werk beloon. Dit geld ook vir karaktereienskappe soos voorbeeldige gedrag, hulpvaardig-heid, goeie dissipline, leierskap en beste vordering.

Die Toppresteerders op akademiese vlak is die volgende leerders: Grondslagfase: Anroleen Mouries (Gr 1); Catherine Minnie (Gr 2); Tsoanelo Haarhoff (Gr 3). Intersen: Tazneen Baartman (Gr 4); Kaylin Robertson (Gr 5); Aliya Prins (Gr 6) en Mertale Jacobs (Gr 6), met Mertale wat ook die Trofee vir die Intermediëre Fase verower het; Izaan Newman (Gr 7). Die senior leerder wat in geheel uitgeblink het, is Izaan Newman: Prinsipaal-toekenning; Dux-leerder; Akademiese Ereklere; Trofee vir Senior Fase.

Op kultuurgebied is dit Izaan Newman (Marimba), Elisa Arendse (Koor) en Sophia Kees (Eko). Die Sportvrou van die Jaar is Allison Tobias en die Sportman van die Jaar is German Lewis. Spelers van die Jaar is: Netbal o/11 - Ashleen Slabbert; Netbal o/12 - Maryke Willemse; Netbal o/13 - Chrissandra Pietersen; Rugby o/9 - Carlos Booysen; Rugby o/11 - Deemo Baardman; Rugby o/13 - Lindon Dyk; Landlope - German Lewis. Gansbaai Primêr se prefekte vir 2015 is: Mertale Jacobs (Hoofdogter), Jemile Sauls (Hoofseun), Codi Valentine (Onderhoofdogter) en Hubern Visser (Onderhoofseun), saam met hulle span: Aliyah Prins, Allison Tobias, Breyton Vries, Cameron Jacobs, Charmus Bell, Daylen Tobias, Desmare Sauls, Mershin Fick, Paul Appel en Peter Niemand.

Gansbaai Courant wens al die presteerders, asook die prefekte, van harte geluk!

Hardus Botha

Gansbaai Primer 2014 se Presteerders

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant