Vroue en die Kameralens

Vroue en die Kameralens

Gansbaai Courant

Gansbaai dames van die NG Vrouediens, onder leiding van Elcine Hulme, het weer eens gesorg vir ‘n spoggerige jaarafsluiting. Die middag is keurig versorg, soos net hulle dit kan doen. “Die hoogtepunt was ons gasspreker, wat hierdie keer ‘n doring onder die klomp rose was,” vertel Elcine. Die gelukige man is die bekende fotograaf en natuurliefhebber, Wickus Leeuwner. Hy het ‘n vorige keer tydens ‘n byeenkoms van Gansbaai Fotografieklub opgetree en is dus bekend met hierdie wêreld. “Wickus se aanbieding het die dames in ‘n wêreld van verwondering ingelei,” sê Elcine. “Nie net het hy die kuns van fotografie aan ons bekendgestel nie, maar het dit ook met musiek onderstreep en beklemtoon.” Met verwysing na sy verstommende natuurfoto’s, het een van die dames gesê: “Dan is daar nog mense wat glo daar is nie ‘n God nie!” 

 “Ons kon vir ‘n wyle na die skepping deur die lens van ‘n kenner kyk,” vertel Elcine. “’n Kenner met ‘n passie vir wat hy doen en geloof en liefde vir God en sy handewerk.” Sy sê terwyl Wickus die weelde van die Overberg oopgeflits het, kon hulle net met dankbaarheid daaraan dink dat hulle in hierdie mooie wêreld bly en hoe bevoorreg hulle is. “Die beelde van die duine by De Hoop Natuurreservaat sal ons altyd bybly, so ook die geboorte van kraanvoëls en die prentjie-mooi Namakwaland wat in blom is.” Die dames was dit eens dat elkeen van hulle huis toe is met beelde en klanke wat ‘n diep indruk op hulle gemaak het en almal kon nabetragting hou terwyl die CD met musiek speel wat as ‘n geskenkie gegee is. “’n Ryke jaarafsluiting, ‘n dag om te onthou en Wickus se aanbieding was mooi, heilig mooi…”

Hardus Botha

Vroue en die Kameralens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant