Dankie Gansbaai Marine

Dankie Gansbaai Marine

Gansbaai Courant

Gansbaai Marine en hulle Besturende Direkteur, André Coetzee se absolute “oophand” hierdie tyd van die jaar het al ‘n instelling geword.

Skole en Tehuise sien al na die donasies uit nog voordat hulle in kennis gestel is dat dit weer gaan gebeur - hulle kan dit al byna vooraf in hul begrotings inbring om die boeke beter te laat klop.

‘n Tyd gelede het Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes hulle R10,000 ontvang, asook ‘n verdere R10,000 ten bate van die Gansbaai Nasorgsentrum.

Silwerjare Dienssentrum het ook hul R10,000 in ontvangs geneem. Hierdie week het die res aan die beurt gekom. Hennie Ritter, rekenmeester: Gansbaai Marine het die oorhandigings waargeneem: Laerskool Gansbaai, ontvang deur Eben van der Merwe (skoolhoof) - R15,000; Gansbaai Academia, ontvang deur Tommy Wilson (skoolhoof) - R15,000; Gansbaai Primêr, ontvang deur Tommy Volkwyn (skoolhoof) - R15,000; Laerskool De Bron in Stanford, ontvang deur Carina Nicholson - R1,500; Masakhane Primary School (Mirriam Cekiso was afwesig) - R15,000; De Kleine Gansies Kleuterskool, ontvang deur Lanita Marais - R1,500.

Voorwaar ruim bydraes onder moeilike ekonomiese omstandighede en wat sekerlik nie te versmaai is nie.

Nee-wat, laat die visfabriek maar nou en dan nie té goed ruik nie, dit is normaal vir die werk wat gedoen word en Gansbaai Marine se gemeenskaps-betrokkenheid, ook op ander gebiede, maak van hulle ‘n wonderlike vennoot vir gemeenskapsbelange in Gansbaai en omgewing, asook ten opsigte van werkskepping en opleiding.

Die gelukkige ontvangers van donasies is ná die oorhandiging van die tjeks, deur Hennie vir verversings genooi, waartydens die groep ontvangers kon saamkuier en ook hul opregte dank en waardering kon uitspreek.

Hardus Botha

Dankie Gansbaai Marine

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant